Gareth Morgan (gebore 22 Maart 1977) is 'n Suid-Afrikaanse politikus en voormalige lid van die parlement vir die Demokratiese Alliansie. Hy is 'n voormalige Rhodes-beurshouer by die Universiteit Oxford en was voorheen werksaam as skaduminister van water en omgewingsake. Hy was Suid-Afrika se eerste koolstofneutrale lid van die parlement. Hy bedank in Januarie 2013 om 'n loopbaan in konsultasie te volg voordat hy in Junie 2015 by die Stad Kaapstad as hoofbeampte van handel en belegging aansluit.
Verwysings
Kategorie:Politici van die Demokratiese Alliansie Kategorie:Geboortes in 1977