Planet Hollywood International Inc. is 'n temarestaurant-ketting wat sy inspirasie uit die populêre Hollywoodkultuur (of – in die geval van sy Europese filiale – die plaaslike rolprentkultuur) trek. Die ketting is in besit van Earl Enterprises, 'n onderneming wat deur Robert Earl gevestig is.

duimnael|links|Planet Hollywood-restaurant in Disney Springs, Orlando, Florida Die ketting is op 22 Oktober 1991 in New York gevestig – met die steun van bekende Hollywoodsterre soos Sylvester Stallone, Bruce Willis, Demi Moore en Arnold Schwarzenegger. Planet Hollywood London: About Us. Besoek op 15 November 2018 Daarnaas het ook die akteurs Whoopi Goldberg, Jackie Chan, Jean-Claude Van Damme, Don Johnson, Melanie Griffith, Tom Arnold, Wesley Snipes en Danny Glover, die regisseur John Hughes en komediant Roseanne Barr bygedra tot die ketting se sukses. Hulle het aandele aan Planet Hollywood ontvang in ruil vir optredes en bemarkingsaktiwiteite.

Die ketting het aanvanklik groot sukses behaal. Later het dit in finansiële moeilikhede beland en in 1999 bankrotskap gespeel. Tans is daar nog ses restaurante wat onder die handelsmerk bedryf word – in Orlando, Los Angeles Internasionale Lughawe, Las Vegas, New York, Londen en Parys. www.planethollywoodintl.com: Restaurants. Besoek op 13 November 2018

Sien ook Planet Hollywood-bomaanval

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:Amerikaanse maatskappye