Vir die nedersetting in die Wes-Kaap, sien Villiersdorp.
Die dorpie Villiers aan die Vaalrivier in die Oos-Vrystaat is in 1891 op die plase Grootdraai en Pearson Valley gestig. Munisipale status het eers in 1917 gevolg. Villiers is na Louis de Villiers genoem, aan wie die plase behoort het.
Omgewing Nabygeleë dorpe: Warden (98 km) Heidelberg (60 km) Frankfort (33 km) Vrede (61 km)
Die N3-nasionale pad gaan verby die dorp. Veeboerdery en mielieproduksie is die belangrikste boerdery. Villiers is naby verskeie vakansieoorde aan die Vaaldam.
Noemenswaardige boorlinge Theuns Stofberg
Sien ook NG gemeente Villiers Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
Bronne Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995.
Kategorie:Nedersettings in die Vrystaat