Die dorpie Cornelia is geleë tussen Villiers en Vrede, in die Vrystaat, in Suid-Afrika. Die dorp lê op die oewer van die Skoonspruit, 'n sytak van die Vaalrivier.
Geskiedenis Die dorp is vernoem na Cornelia Mulder, die tweede vrou van President F.W. Reitz van die Oranje-Vrystaat. Die dorp is in 1894 gestig en in 1917 geproklameer, maar het eers in 1923 munisipale status ontvang. Die Afrikaanse Baptistekerk van Suid-Afrika het in Cornelia ontstaan. 'n Bekende oud-leraar van hierdie gemeente was Jurgens Lambrechts, 'n bekende in vasvraprogramme op radio en TV vanaf die 1970's tot die 1990's.
Omgewing Die bekende Suid-Afrikaanse dramaturg, PG du Plessis, het hier skoolgegaan.P.G. du Plessis op ESAT, besoek op 21 Februarie 2025
In 1955 het dr. AC Hoffman 'n belangrike fossielvonds op die plaas Uitzoek gemaak. Hy het 'n onderkaak van die chalicothere ontdek. Later is nog vondse gemaak. Die plaas is 10 km noord van Cornelia.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Bronne Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995 Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967.
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in die Vrystaat