Glen Coe (Skots-Gaelies: Gleann Comhann, [klan̪ˠˈkʰo.ən̪ˠ]) is 'n vallei (glen) in die weste van die Skotse Hoogland met landskapsvorme wat deur vulkaanuitbarstings en gletsers gevorm is.visitscotland.com: Glencoe. Besoek op 5 November 2018 Dit is in die noorde van die graafskap Argyll naby die grens met die historiese provinsie Lochaber geleë. Vandag maak dit deel uit van die administratiewe distrik (council area) Highland. Die belangrikste nedersetting is Glencoe.
duimnael|links|Die Glencoe Mountain-skisentrum duimnael|links|Die A82-grootpad, wat Glasgow met Fort William in die Skotse Hoogland verbind, loop deur Glen Coe duimnael|links|Landskapstoneel in Glen Coe. Klein bergstroompies uitspring uit die pieke wat duisende jaar gelede deur gletsers geslyp is duimnael|links|Een van die mees afgeleë hotelle op die Britse Eilande - Kings House Hotel duimnael|links|Die Skotse toerismebedryf doen moeite om toergidse maklik herkenbaar te maak vir Engelse en Amerikaanse toeriste Die vallei was die bakermat van Skotse bergklimsport en is vandag ook gewild by stap- en wintersporttoeriste (die Glencoe Mountain-skisentrum is met skihysers toegerus). Histories word die vallei verbind met die sogenaamde Glencoe-slagting van 13 Februarie 1692 waartydens 38 manlike familielede van die Clan MacDonald of Glencoe in die nasleep van die Jakobiete-opstand deur regeringsmagte doodgemaak is. Tientalle ander, onder wie vroue en kinders, is aan blootstelling oorlede.
Verwysings
Eksterne skakels Wiki-webtuistes
Toerisme
Discover Glencoe National Trust for Scotland: The Highlands - Glencoe National Nature Reserve Glen Coe op die silwerdoek
Skyfall & James Bond Media
Road 82 through Glen Coe Geologie
Scottish Geology: Glen Coe, Lochaber: Scene of an ancient caldera collapse
Kategorie:Geografie van Skotland Kategorie:Natuurreservate