duimnael|regs|300px|Broodbome in Jan Cellierspark duimnael|regs|250px|Jan Cellierspark is genoem na die digter Jan FE Celliers
Jan Cellierspark is 'n park in Groenkloof, Pretoria, Suid-Afrika. Die 4,5 hektaar park teen die noordelike hange van Klapperkop staan ook bekend as Proteapark. Die park is toegewy aan inheemse plante en bied pragtige uitsigte oor die stad en die Uniegebou. Die park is op die hoek van Wenning- en Broderickstraat en die ingang is in Broderickstraat.City of Tshwane Parks in Tshwane , besoek op 29 Desember 2006 Die belangrikste kenmerk van die park is 'n stroom met 14 miniatuurwatervalle wat twee damme met mekaar verbind en begrens word deur verskeidenheid van plante. Die park beskik ook oor groot grasperke wat deur rotstuine, bome en struike onderbreek word.
Geskiedenis Die park is in die 1960's ontwerp deur Harry Bruins-Lich, direkteur van parke in Pretoria vanaf 1942 tot 1967, en genoem na die Afrikaanse digter, Jan F.E. Celliers.
Fotogalery
Verwysings
Kategorie:Parke van Pretoria