Duncanstraat is 'n straat in die ooste van Pretoria, Suid-Afrika wat 'n belangrike noord-suidskakel deur die oostelike stad vorm.Bouwerk aan N4, koeksisterkruising aan ooste van Pta vanjaar nog klaar, Beeld, 10 Augustus 1998. Van noord na suid loop die straat deur die Brooklynsirkel, deur die voorstede Brooklyn, Hillcrest, Hatfield en Colbyn waar dit by die kruising met Glynstraat in Burnsstraat inloop.

Geskiedenis Die straat is na Sir Patrick Duncan, die koloniale sekretaris van die Transvaal in 1905 toe Hatfield gestig is, vernoem. Aanvanklik is slegs die gedeelte tussen Kerkstraat en Suidstraat Duncanweg genoem. Die deel tussen Suidstraat en Duxburyweg het as Nixonstraat bekend gestaan en van Duxbury- tot by Lynwoodweg af is dit Lunnonweg genoem. Suid van Lynwoodweg is dit Jamesstraat genoem.Du Plessis, Andre C, Gautrain Station, Hatfield, Chapter 3 , Masters Thesis, University of Pretoria, 2003, Afgelaai op 29 Desember 2006

In 1930 het die stadsraad van Pretoria besluit om die hele straat Duncanweg te noem.

Omstredenheid In September 2008 is voorgestel dat die straat se naam, saam met 26 ander in Pretoria wat na bewering "aanstoot gee", verander word.‘Apartheidsname’ van 27 Pta-strate verander, Beeld, 12 September 2008. Dit is egter tot op hede nie deurgevoer nie.

Verwysings

Verdere leesstof Duncanstraat: Brooklyn-groep, sakeman haaks, Beeld, 29 Maart 1995.

Eksterne skakels Duncanstraat op Google Maps

Kategorie:Strate van Pretoria