Groenkloof is 'n voorstad van Pretoria, Suid-Afrika aan die noordelike hange van Klapperkop suidoos van die stadskern. Dit grens langs Koningin Wilheminarylaan in die ooste aan Waterkloof. Jan Cillierspark, wat ook as Proteapark bekendstaan, in die oostelike gedeelte van die woonbuurt is toegewy aan inheemse plante en verskaf pragtige uitsigte oor die stad en die Uniegebou.
Die Life Groenkloof-hospitaal (voorheen bekend as die Little Company of Mary-hospitaal) sowel as die Fakulteit Opvoedkunde van die Universiteit van Pretoria is in Groenkloof geleë. Verskeie ambassades is ook in die voorstad geleë. duimnael|links|700px|Groenkloof met Pretoria in die agtergrond
Sien ook Groenkloof-natuurreservaat Jan Cellierspark, Pretoria
Verwysings
Kategorie:Voorstede van Pretoria