Gillian Anderson (gebore 9 Augustus 1968) is 'n Amerikaanse aktrise en vervaardiger. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprent The Last King of Scotland (2006) en in die televisiereekse The X-Files (1993) en The Fall (2013).

Biografie Kort ná Anderson se geboorte het die gesin vir 15 maande na Puerto Rico verhuis en daarna na Londen. Nege jaar later het die Anderson-gesin teruggetrek na die Verenigde State. Anderson was 'n rebelse tiener wat op die punktoneel was, "body piercings" (lyfkuns) gedra het en haar hare in 'n verskeidenheid kleure gekleur het. Sy is eenkeer gearresteer omdat sy by haar hoërskool ingebreek het.

Haar ontdekking van teater was 'n keerpunt in haar lewe. Sy het oudisies vir amateurteater in haar tuisdorp (Grand Rapids, Michigan) afgelê en talentvol voorgekom. Toe sy haar roeping vind, het haar skoolprestasie aansienlik verbeter.

Nadat hy in 1986 gematrikuleer het, het Anderson vier jaar lank by die dramaskool van De Paul Universiteit in Chicago studeer. Sy het toe na New York verhuis om 'n loopbaan te begin. Sy het 'n rol gespeel in die Broadway-stuk Absent Friends (1991), waarvoor sy 'n teatertoekenning ontvang het en 'n jaar later speel sy in The Philanthropist (1992). Daarbenewens het sy bygedra tot 'n lae-begroting film getiteld The Turning (1992). Sy het toe na Los Angeles verhuis om 'n rolprentloopbaan te volg.

Anderson het dit moeilik gevind om in Los Angeles werk te kry en sy het verskeie oudisies deurgemaak wat op niks uitgeloop het nie. Sy het 'n gasrol in die reeks Class of 96 gekry, wat van korte duur was weens 'n gebrek aan sukses.

Haar groot deurbraak het gekom met die rol van die FBI-agent Dana Scully in die televisiereeks The X-Files (1993-2002). Hierdie wetenskapfiksiereeks het aanvanklik 'n kultusaanhang gehad, maar het later ook gewild geraak by 'n wye, internasionale gehoor.

Anderson het talle benoemings ontvang vir haar rol in The X-Files, insluitend "Screen Actors Guild Awards", 'n Emmy en 'n Golden Globe.

Filmografie Rolprente 1998: The X Files 1998: Playing by Heart 2000: The House of Mirth 2005: The Mighty Celt 2006: The Last King of Scotland 2007: Closure 2008: The X Files: I Want to Believe 2009: Boogie Woogie 2012: Shadow Dancer 2012: Sister 2013: I'll Follow You Down 2014: Robot Overlords 2014: National Theatre Live: A Streetcar Named Desire 2015: The Widowmaker 2016: Sold 2016: Heroes Manufactured 2017: Viceroy's House 2018: UFO 2019: The Sunlit Night

Televisiereekse 1993: The X-Files 1996: Future Fantastic 1998: The Magic Hour 2002: V Graham Norton 2013: The Fall 2013: Hannibal 2014: Ronja, the Robber's Daughter 2017: American Gods 2019: Sex Education

Televisierolprente 1996: Why Planes Go Down 1996: Spies Above 1999: Hollywood Salutes Jodie Foster: An American Cinematheque Tribute 2000: The Ultimate Auction 2003: Diva Graham Norton 2005: 3rd Irish Film and Television Awards 2012: Room on the Broom

Video's 1997: Hal: Extremis 1998: The Making of 'The X Files: Fight the Future' 1998: The X Files - Fight the Future: Blooper Reel 1999: The Cigarette Smoking Man Revealed 1999: The Making of 'The Mighty' 2004: The X Files: The Making of 'The Truth' 2005: Threads of Mythology, Part 1 2005: Threads of Mythology, Part 3 2005: Threads of Mythology, Part 4 2008: The X-Files: I Want to Believe - Gag Reel 2008: Undercover Footage Shows Rabbits Screaming During Slaughter 2015: Hannibal: Season Three - Getting the Old Scent Again: Re-imagining Red Dragon 2016: 43:45 - The Makings of a Struggle 2016: Season X 2017: Behind the Scenes of 'Viceroy's House'

Eksterne skakels

Kategorie:Geboortes in 1968 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaanse aktrises van die 20ste eeu Kategorie:Amerikaanse aktrises van die 21ste eeu