Bulletrap is 'n klein nedersetting in die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit.
Dit lê weggesteek agter klipkoppies aan die pad na Nigramoep, Grootmis en Kleinsee, wes van die N7-nasionale pad tussen Springbok en Steinkopf in Namakwaland en by 29° 27′ 43.52″ suid en 17° 47′ 10.59″ oos. Die dorpie is 767 m bo seevlak en beskik oor 'n laerskool.
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in die Noord-Kaap