duimnael|300px|Lukurgos Raadpleeg die Pitia (1835/1845), deur Eugène Delacroix.

Die Pitia, Putia of Puthia (Grieks: Πῡθίᾱ) was die naam van die hoëpriesteres van die Tempel van Apollo by Delphi wat ook gedien het as die orakel. Sy was algemeen bekend as die Orakel van Delphi.

Die naam "Pitia" is afgelei van Pito, wat volgens mites die oorspronklike naam van Delphi is. Die pleknaam is in Grieks afgelei van πύθειν, "om te vrot", wat verwys na die sieklike soet reuk weens die ontbinding van die liggaam van die reusagtige Piton nadat dit deur Apollo doodgemaak is.Homeriese Loflied aan Apollo 363–369.

Die Pitia het op die laatste in die 8ste eeu v.C. ontstaanAthletes and Oracles: The Transformation of Olympia and Delphi in the Eighth Century BC; Morgan C. 1990, bl. 148. en was bekend vir haar profesieë danksy die feit dat sy vervul was met die gees van die god, in dié geval Apollo. Die Pitiese priesteres het teen die einde van die 7de eeu v.C. belangrik geword en is tot in die 4de eeu n.C. geraadpleeg.Delphi: A History of the Center of the Ancient World; Michael Scott, Princeton University Press, bl. 30 In dié tyd was die Orakel van Delphi die orakel met die grootste aansien en gesag onder die Grieke, en sy was die magtigste vrou van die klassieke wêreld. Die orakel is een van die bes gedokumenteerde godsdiensinstellings van die klassieke Grieke. Skrywers wat haar genoem het, sluit in Aischulos, Aristoteles, Clemens van Alexandrië, Diodorus, Euripides, Herodotos, Ovidius, Plato, Plutarchus, Sophokles, Strabo en Thukydides.

Min besonderhede bestaan egter oor hoe die Pitia te werk gegaan het, omdat skrywers van die antieke tyd (6de tot 4de eeu v.C.) die proses as algemene kennis hanteer en dus onnodig geag het om te verduidelik. Dié wat haar enigsins in detail bespreek het, was uit die 1ste tot 4de eeu n.C. en hul weergawes verskil.Delphi: A History of the Center of the Ancient World; Michael Scott, Princeton University Press, bl. 11 Volgens een van die mees algemene weergawes het die Pitia haar orakels gelewer in ’n waansinnige toestand wat veroorsaak is deur walms wat uit ’n spleet in ’n rots gekom het en het sy ’n brabbeltaal gepraat wat die priesters vertolk het as enigmatiese profesieë. Hulle het dit dan in poëtiese daktiliese heksameters omgesit wat in die Griekse letterkunde bewaar gebly het.Sien bv. Lewis Farnell, The Cults of the Greek States, 1907, vol. IV, bl. 189. Dié idee is egter teengestaan deur geleerdes soos Joseph Fontenrose en Lisa Maurizio, wat gemeen het al die antieke bronne noem dat die Pitia verstaanbaar en in haar eie stem gepraat het.Fontenrose 1978, bl. 196–227; Maurizio 2001, bl. 38–54. Herodotos het in die 5de eeu v.C. vertel die Pitia praat in daktiliese heksameters.Mikalson, Jon D. Herodotus and Religion in the Persian Wars. Univ of North Carolina Press, 2003. . Bl. 55Herodotus. The Histories. Vert. Godley, A.D. Harvard University Press. 1920. Boek 1, hoofstuk 65. (1922)

Oorsprong van die orakel duimnael|upright|Die omfalos in die museum van Delphi. Die Orakel van Delphi kon in die een of ander vorm bestaan het sedert 1400 v.C., in die middelste periode van Miceense Griekeland (1600-1100 v.C.).Sien bespreking in Deitrich, Bernard C. (1992), "Divine Madness and Conflict at Delphi" (Kernos 5) PDF by https://scholar.google.com/scholar?hl=en&q=Mycenaean+Delphi&btnG=&as_sdt=1%2C5&as_sdtp= Apollo het blykbaar die tempel in die 8ste eeu v.C. oorgeneem nadat dit vroeër aan Gaia gewy was.Fortenrose. J. (1959) "Python. A Study of Delphic Myth and Its Origins, (Berkeley)

Die vroegste verhaal oor die oorsprong van die orakel kom voor in die Homeriese Loflied aan die Delphiese Apollo, wat dateer van tussen omstreeks 580 v.C. en 570 v.C.Martin L. West, Homeric Hymns, pp 9–12, gee ’n opsomming van dié datums; M. Chappell, "Delphi and the Homeric Hymn to Apollo", Classical Quarterly 56 (2006:331-48) Dit beskryf in besonderhede hoe Apollo sy eerste priesters gekies het; hulle was "Kretensers van Minos se stad Knossos" wat met hul skip op pad was na Pylos. Maar Apollo, wie se een kultusnaam Delphinios was,Soos Robin Lane Fox aandui in Travelling Heroes in the Epic Age of Homer, 2008:341ff. het in die vorm van ’n dolfyn (delphys, genitief delphinos) op die skip gespring. Hy het aan die bevreesde Kretensers onthul wie hy is en hulle beveel om hom te volg.

Daar is baie ander, latere weergawes van die oorsprong van die Orakel van Delphi. Een latere verduideliking, wat die eerste keer deur die skrywer uit die 1ste eeu v.C. Diodorus oorgedra is, behels dat ’n bokherder met die naam Coretas eendag gesien het een van sy bokke wat in ’n spleet in die grond geval het, tree snaaks op. Toe hy by die spleet kom, is hy deur ’n goddelike teenwoordigheid gevul en kon hy in die verlede en die toekoms sien. Opgewonde het hy sy ondervinding met dorpenaars daar naby gedeel. Baie het die plek begin besoek om die rukkings en inspirerende beswymings te ondervind, hoewel sommige in die spleet verdwyn het weens hul waansinnige toestand.Diodorus Siculus 16.26.1–4. ’n Tempel is op die plek opgerig en mense het in die laat Bronstydperk, teen 1600 v.C., daar begin aanbid. Ná die dood van ’n paar mans het die dorpenaars ’n jong vrou gekies as skakel vir die goddelike besielings. Eindelik het sy namens die gode gepraat.Broad, W.J. (2007), bl. 21.

Volgens vroeëre mitesSmith se Dictionary of Greek and Roman Biography and Mythology noem hier Ovidius, Metamorfoses i. 321, iv. 642; Apollonius Rhodius, Argonautica iv. 800; Servius, kommentaar op die Aeneis iv. 246; pseudo-Apollodorus, Bibliotheca i. 4. § 1 ; Pausanias x. 5. § 3; Aeschylos, The Eumenides; sien Theoi Project: Themis. was die godinne Themis en Phoibe aanvanklik die orakel en is die terrein oorspronklik aan Gaia opgedra. Daarna was dit aan Poseidon, die god van aardbewings, gewy. Tydens die Griekse Donker Middeleeue het ’n nuwe god van profesieë, Apollo, die tempel oorgeneem. Hy het Gaia se twee bewakerslange verban en hul lywe om die boodskapperstaf gedraai.

Diodorus verduidelik ook dat die Pitia aanvanklik ’n paslik geklede jong maagd was, want groot klem is gelê op die orakel se kuisheid en reinheid ter wille van haar kontak met die god Apollo.Broad, W.J. (2007), bl. 30-31 Nadat ’n man die maagd eenkeer ontvoer en onteer het,Diod. Sic. 16.26.6 het die mense van Delphi besluit ’n ouer vrou sou in die vervolg die profesieë doen. Sy was egter soos ’n maagd aangetrek as ’n soort herinnering aan die profetesse van die ou tyd.

Organisasie van die orakel Priesteres duimnael|upright|’n Rooifiguurstyl krater wat die orakel op haar driepoot uitbeeld, omstreeks 330 v.C. Sedert die bekendstelling van die kultus van Dionisos by Delphi het die Delphiese god ekstase en waansin oor sy volgelinge gebring en orakels deur die Pitia oorgedra. Sy het ook in ’n beswyming verval onder die invloed van die dampe en walms wat uit die spleet in die binneheiligdom van die orakel gekom het. Die Pitia het op ’n hoë, vergulde driepoot gesit wat oor die spleet gestaan het. In die ou dae was die Pitia ’n jong maagd, maar nadat ’n man van Thessalië so ’n Pitia ontvoer en onteer het, is ’n vrou van ouer as 50 jaar gekies; sy het soos ’n maagd aangetrek.

Hoewel min bekend is oor hoe die Pitia uitgesoek is, is sy waarskynlik ná die dood van haar voorganger uit die priesteresse van die tempel gekies. Hierdie vroue was almal boorlinge van Delphi en moes ’n stemmige lewe gelei en ’n goeie karakter gehad het.Broad, W.J. (2007), bl. 31-32Herbert W. Parke, History of the Delphic Oracle; H.W. Parke en D.E.W. Wormell, The Delphic oracle, 1956 Volume 1; Herbert B. Huffman, "The Oracular Process: Delphi and the Near East" Vetus Testamentum 57.4, (2007:449–60). Hoewel sommige getroud was, het hul gesins- en huweliksverpligtinge opgehou wanneer hulle hul rol aanvaar het. Hulle het ook afstand gedoen van hul persoonlike identiteit. Met die hoogtepunt van die orakel se gewildheid was die Pitia moontlik ’n vrou uit ’n invloedryke familie wat goed opgevoed was in geografie, politiek, geskiedenis, filosofie en die kunste. Later is armer, onopgevoede vroue gekies – dit kan verduidelik hoekom die poëtiese heksameter-profesieë van die vroeë periode later net in prosa gemaak is.

Om ’n priesteres, veral die Pitia, te wees was ’n respektabele beroep vir ’n Griekse vrou. Priesteresse het baie vryhede en belonings ontvang, soos kwytskelding van belasting, die reg om eiendom te besit en openbare geleenthede by te woon, ’n salaris en huis van die staat, en dikwels goue krone.Broad, W. J. (2007), bl. 32

Met die hoogtepunt van die orakel se gewildheid het tot drie vroue as die Pitia diens gedoen; twee het beurte gemaak om profesieë te doen en nog een was ’n reserwe.Plutarchus Moralia 414b. Die priesteres kon net op een dag van die maand geraadpleeg word.

Plutarchus het gesê die Pitia se lewe is deur haar diens aan Apollo verkort. Die sessies was glo uitputtend en dit het ’n fisieke uitwerking op die vroue gehad.

Ander amptenare Verskeie ander amptenare benewens die Pitia het die orakel gedien.Roux 1976, bl. 54–63. Ná 200 v.C. was daar op enige gegewe tydstip twee priesters van Apollo wat in beheer van die hele heiligdom was; Plutarchus, wat in die laat 1ste eeu en die vroeë 2de eeu n.C. as priester gedien het, verskaf die beste inligting oor die organisasie van die orakel in dié tyd. Voor 200 v.C. was daar waarskynlik net een priester van Apollo. Hulle is gekies uit die hoofinwoners van Delphi en is vir die res van hul lewe aangestel. Benewens hul verpligtinge rakende die orakel het hulle ook ander rituele uitgevoer op feeste van Apollo en was hulle in beheer van die Pitiese Spele.

Die ander amptenare wat met die orakel verbind word, is minder bekend. Hulle was die hosioi (ὅσιοι, "heiliges") en die prophētai (προφῆται; enkelvoud prophētēs). Laasgenoemde woord is die oorsprong van die woord "profeet", maar ’n beter vertaling van die Griekse woord is dalk "een wat namens ’n ander persoon praat". Hul funksies is onduidelik; daar is al voorgestel dat hulle die Pitia se profesieë vertolk het of selfs haar woorde in versvorm gesit het, maar sommige meen die term prophētēs is ’n generiese verwysing na enige kultusamptenaar van die tempel, insluitende die Pitia.Bowden 2005, bl. 15–16; sien ook Herodotos 8.36, Euripides Ion 413–416. Daar was vyf hosioi, maar hul rol is onbekend; hulle was moontlik op die een of ander manier betrokke by die werksaamhede van die orakel.

Orakel se prosedure duimnael|Uitsig op Delphi met Heilige Stoet, deur Claude Lorrain. duimnael|Die ruïnes van die Tempel van Apollo. In die tradisies wat met Apollo verbind word, het die orakel haar profesieë beperk tot die nege warmste maande van die jaar. Apollo het glo sy tempel in die winter verlaat en sy plek is deur sy halfbroer Dionisos ingeneem. Dit is onbekend of die orakel deelgeneem het aan die Dionisiese rituele, hoewel PlutarchusPlutarch, op cit vertel het sy vriendin Clea was ’n priesteres van beide Apollo en Dionisos. Aan die begin van die lente – op die sewende dag van die maand Bysios, sy verjaardag – het Apollo glo na sy tempel teruggekeer. Dit stem ooreen met die afwesigheid van die godin Demeter in die winter, wat deel sou gewees het van die vroegste tradisies.