Deshun Deysel (gebore 9 April 1970) is 'n Suid-Afrikaanse bergklimmer en sakevrou wat deel was van die eerste Suid-Afrikaanse ekspedisie na Berg Everest in 1996. Dit was die eerste keer wat die nuwe Suid-Afrikaanse vlag geplant is op die berg. Sy het die afgelope 15 jaar die meeste van die wêreld se hoogste berge aangedurf in 14 ekspedisies op 5 kontinente.

Bekend as 'n hoë-hoogte-bo-seespieël bergklimmer, het haar loopbaan as 'n onderwyseres begin. Sy het egter haarself die afgelope 20 jaar tot een van Suid-Afrika se voorste motiveringsprekers ontwikkel. Deshun is die stigter en direkteur van Deshun Deysel & Associates, 'n besigheid wat fokus op die bevordering en toerusting van leierskap in 'n konteks van verandering en diversiteit.

Deshun in 'n Laureus Sport Ambassadeur sedert 2010.

Verwysings

Eksterne skakels Deshun Deysel & Associates

Kategorie:Suid-Afrikaanse entrepreneurs Kategorie:Geboortes in 1970 Kategorie:Lewende mense