duimnael|links|Duitse kolonies: Die Duitse Keiserryk het sy kolonies verwerf in die laaste kwart van die negentiende eeu. Die Duitse kolonies het hul bevind in Afrika, Asië en Oseanië:
Togo Duits-Kameroen Duits-Suidwes-Afrika, teenswoordig bekend as Namibië Duits-Oos-Afrika, bestaande uit Tanganjika (die vasteland van Tanzanië), Rwanda en Burundi. Keiser Wilhelmsland was 'n Duitse uitpos in Noordoos-Nieu-Guinee. Jiaozhou-baai, Volksrepubliek China Klein-Venedig of Welser-Kolonie was 'n mislukte poging om 'n Duitse kolonie in Venezuela te vestig.
Duitsland het na die Eerste Wêreldoorlog al sy kolonies verloor. Togo en Kameroen is onder Franse protektoraat geplaas; Rwanda en Burundi onder Belgiese protektoraat; en Tanganjika, Suidwes-Afrika en Noordoos-Nieu-Guinea onder Britse protektoraat (die laaste twee langs Suid-Afrika en Australië).