Olivien is 'n mineraal met samestelling . Dit is 'n nesosilikaat. Die eindlede van die mengreeks word forsteriet en fayaliet mindat 1458 genoem en in Engels word dikwels die term Fayalite-Forsterite Series gebruik pleks van olivine.

Olivien is baie volop en een van die belangrikste minerale wat in achondriete aangetref word en S-tipe asteroïde soos 25143 Itokawa bevat dit.Intelligent Life in the Universe: Principles and Requirements Behind Its Emergence Springer Science & Business Media, 2005, , Kenmerkend vir komatiïet-lawas is hulle hoë smeltpunt en 'n spinifeks-tekstuur van olivien-kristalle.Early Precambrian Basic Magmatism Springer Science & Business Media, 2012, , Olivien word op talle plekke in Suid-Afrika aangetref soos die Driekopmyn, Zondereindemyn en Zwartkopmyn in Limpopo of die Star-, Jagersfontein of Koffiefonteinmyn van Vrystaat. Dit word ook in meteoriete gevind soos die Molteno-, Malvern-, Benoni- of Macibinimeteoriete wat in Suid-Afrika geval het.mindat 8658

Struktuur Olivien het 'n ortorombiese struktuur waarin losse -tetraëders herken kan word. Dit is die argetipe van die S1-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie. Tussen hierdie nesosilikaatgroepe is die metaalatome in twee verskillende kristallografiese posisies. Hulle is albei oktaëdriese maar M1 is kleiner as M2 en daar is aanwysings dat yster 'n voorkeur vir die kleiner oktaëder het, veral indien gedeeltelike oksidasie plaasvind en gevorm word pleks van . Die elektriese geleiding is afhanklik van die suurstofaktiwiteit en geleiding vind veral in die c-rigting van die rooster plaas. Die termiese uitsetting by hoër temperatuur betref hoofsaaklik die metaal-suurstof-afstande; die silikaat-tetraëders bly amper onveranderd.Die crystal structures of forsterite and hortonolite at several temperatures up to 900 oC American Mineralogist, 58, 588-593, 1973>

Verwysings