Paraguay (Spaans: [paɾaˈɣwaj], ; Guaraní: Paraguái, [paɾaˈɰwaj]), amptelik die Republiek Paraguay (Spaans: República del Paraguay; Guaraní: Paraguái Tavakuairetã), is 'n landingeslote land in Sentraal-Suid-Amerika. Dit grens in die noorde aan Bolivië, in die ooste aan Brasilië en in die suide en weste aan Argentinië. Paraguay beslaan 'n oppervlakte van 406 752 km² en het in 2024 'n bevolking van 7 522 549 gehad. Die hoofstad is Asunción en die geldeenheid die guaraní. Die amptelike tale is Spaans en Guaraní.
duimnael|links|Nasa-satellietbeeld van Paraguay Die inheemse Guaraní het ten minste 'n 1 000 jaar lank in die ooste van die huidige Paraguay gewoon voordat die Spaanse conquistadores in 1524 in dié gebied aangekom het. Die stad Asunción is in 1537 as die eerste hoofstad van die Visekoninkryk Río de la Plata binne die Spaanse Ryk gestig. Gedurende die 17de eeu was Paraguay die sentrum van Jesuïete-missies waar die inheemse mense gekersten en aan die Europese kultuur blootgestel is. Ná die uitsetting van die Jesuïete uit Spaanse gebiede in 1767 het Paraguay toenemend 'n perifere kolonie geword. Ná sy onafhanklikwording van Spanje in die vroeë 18de eeu is Paraguay deur 'n aantal outoritêre regimes geregeer. Dié tydperk het met die verwoestende Paraguaanse Oorlog (1864–1870) geëindig, waartydens die land die helfte van sy bevolking en sowat 25-33% van sy grondgebied verloor het. In die 20ste eeu het nog 'n belangrike internasionale konflik Paraguay in die gesig gestaar – die Chaco-oorlog (1932–1935) teen Bolivië – wat Paraguay gewen het. Daarop het 'n aantal militêre diktatorskappe gevolg met die hoogtepunt tydens die 35-jarige regime van Alfredo Stroessner, wat in 1989 deur 'n militêre staatsgreep omvergewerp is. Dit het die begin van Paraguay se demokratiese tydperk ingelui.
Paraguay is 'n ontwikkelende land en op die 99ste plek in die menslike-ontwikkelingsindeks gelys met die sewende hoogste BBP (koopkragpariteit) per capita in Suid-Amerika. In 2024 was dit een van die vinnigs groeiende ekonomieë in die Westelike Halfrond wat staat maak op die uitvoering van elektrisiteit, beesvleis en sojabone, asook vervaardiging en konstruksie. Paraguay is een van die wêreld se voorste uitvoerders van hidroëlektrisiteit; die Itaipudam in die Río Paraná op die grens met Brasilië is die derde grootste hidroëlektriese aanleg ter wêreld volgens opgewekte krag. Paraguay is 'n stigterslid van Mercosur, die Verenigde Nasies, die Organisasie van Amerikaanse Lande, die Unie van Suid-Amerikaanse Nasies (UNASUR), die Beweging van Onverbonde Lande, die Riogroep en die Limagroep. Daarbenewens is beide die Suid-Amerikaanse Sokkerkonfederasie en Suid-Amerika Rugby in die metropolitaanse gebied Asunción gesetel.
Die meerderheid van die 7,5 miljoen Paraguane is mestizo's met die Guaraní-kultuur wat sy groot invloed kon bewaar; meer as 90% van die bevolking praat die een of ander Guaraní-dialek saam met Spaans — die hoogste vlak aan vlotheid van 'n inheemse taal in Latyns-Amerika. Volgens 'n Positiewe Ervaringsindeks van 2014, gebaseer op wêreldwye opnames, is Paraguay "die wêreld se gelukkigste plek", en was in 2024 in die 24ste plek van die Wêreldgeluksverslag.
Etimologie Die oorsprong van die naam "Paraguay" is onduidelik. Volgens 'n teorie is dié naam ontleen aan die Guaraní-woorde paraguá "veerkroon" en y "water", dus sou paraguaí "veerkroon van waters" beteken. Volgens 'n ander teorie is die naam afgelei van die Payaguá, wat na die Río Paraguay as Payaguá-y verwys het of "rivier van die Payaguás" soos die Guaraní dit genoem het en waarvandaan die landsnaam ontleen is; of dat, ook van die Guaraní, para "meer" sou beteken, gua "ontstaan" en y "rivier", waarvolgens Paraguay "rivier wat geboorte gee aan die see" sou beteken.
Geskiedenis Vroeë geskiedenis duimnael|Guaraní-keramiek Verskeie Indiaanse volke het voor die Europese setlaars reeds in die gebied van die huidige Paraguay gewoon. In die weste was die Tupí-Guaraní-volke, in die ooste die Arawake, Guaicurú, Mataco-Mataguayo, Chamacoco, Angaite en Lengua. Volgens skattings het sowat 280 000 mense met die aankoms van die Europeërs in die gebied gewoon. Die Aché-Indiane, wat vandag die subtropiese ooste bewoon, word as die nakomelinge van Oos-Paraguay se oorspronklike bevolking beskou. Rondom 500 v.c. het Guaraní-groepe uit die Amasonegebied hulle in die huidige Paraguay gevestig, die gebiede langs die riviervlaktes beset, daar hulle aanplantings gedoen en die Aché-voorsate na die hoër liggende bosgebiede verdryf. Vandag word hulle taal as 'n Tupí-Guaraní-taal beskou; vermoedelik het die Aché hierdie taal aangeneem.
Koloniale tydperk Spaanse verowering duimnael|'n Historiese kaart van Paraguay deur Josse de Hondt, ca. 1600 Volgens bewerings was Juan de Solis die eerste Europeër wat die gebied van die huidige Paraguay betree het en hy het in 1516 dié gebied verken en dit vir die Spaanse kroon opgeëis. P.F.X. de Charlevoix: Histoire du Paraguay, Band 1 Didot, Giffart, Nyon, Paris 1757. 'n Ekspedisie onder Sebastiano Caboto het in 1527 die Sancti Spiritu-sending ("Heilige Gees") gestig. Die uiteindelike verowering van die gebied het egter eers in 1537 met die stigting van die vesting Nuestra Señora Santa María de la Asunción, die huidige hoofstad van Paraguay langs die Río Paraguay, begin. Dié stad is op 15 Augustus 1537 (Mariahemelvaart) gestig, vandaar die Spaanse naam. Daarna het veldtogte deur Juan de Ayolas (1537), Domingo Martínez de Irala (1542) en Álvar Núñez Cabeza de Vaca (1543) die Spaanse gebied in 'n westelike rigting uitgebrei. In 1542 is die gebied by die nuut gestigte Vise-Koninkryk Peru ingelyf. Van 1559 af was die provinsie se politieke administratiewe sentrum die stad Charcas. Gedurende hierdie tyd het die Europese immigrante met die inheemse bevolking gemeng, wat egter as gevolg van nuwe siektes soos sifilis uitgedun is. Paiva Baruja: A History of Paraguay
Jesuïetesendings duimnael|Ruïnes van 'n Jesuïete-missie in Trinidad In 1588 het Jesuïete in die suide van die streek die Guaraní begin kersten. In 1610 is die Jesuïete deur die Spaanse koning Filips III vrye teuels gegee en hulle het in die provinsie Guaira begin met die stigting van sendingstasies, groot landbounedersettings, waar die Indiane gekoloniseer is. Dit was dorpsgemeenskappe vir tot 10 000 Guaraní, waar mestizo's en wit setlaars nie toegelaat is nie. Dié Jesuïete-staat, wat oor dele van die huidige Paraguay, Argentinië en Brasilië gestrek het, was amptelik onder Spaanse gesag. Dit het egter oor sy eie owerheid beskik en was vir buitestaanders nie toeganklik nie. Die ekonomiese sukses het afguns en wrok onder Spaanse koloniale beamptes veroorsaak, wat derhalwe aanvalle deur slawejagters nie verhoed het nie. Paiva Baruja: A History of Paraguay Vervolgens het veral rondom 1721–1725 en 1730–1735 grootskaalse onluste uitgebreek.
Die regter José de Antequera y Castro is in 1721 deur die visekoning van Peru na Paraguay ontplooi om die inheemse bevolking te beskerm. Hy het die goewerneur van Paraguay verwyder, die pos self oorgeneem en die regstelsel heringestel, maar hom toe teen die visekoning gewend. In 1725 is hy deur die Jesuïete omvergewerp en in 1731 in Lima tereggestel. In 1730 het Fernando Mompox y Zayas 'n anti-rojalistiese opstand teen die visekoning aangevoer. Verdere onluste het gevolg nadat 'n deel van die Jesuïetesendings ná die ondertekening van die Verdrag van Madrid in 1750 aan die Portugese Brasilië oorhandig sou word. In 1767 is die Jesuïete uiteindelik uit Suid-Amerika verdryf en die sendingstasies ontbind. Die Spaanse kroon het met die gekonfiskeerde eiendom sy staatsfinansies probeer konsolideer.
Verdere ontwikkelinge Die kolonie het die Spaanse Ryk veral van grondstowwe voorsien. Terselfdertyd was die belasting op invoere redelik hoog, wat tot talle onluste onder die koloniste en Indiane gelei het. In 1776 het Paraguay deel geword van die nuutgestigte Visekoninkryk Río de la Plata, wat ook Argentinië, Bolivië en Uruguay ingesluit het. Paiva Baruja: A History of Paraguay
Onafhanklikheid Diktatorskap duimnael|links|upright|José Gaspar Rodríguez de Francia, Paraguay se eerste diktator duimnael|Paraguay ná die Paraguaanse Oorlog (1864–1870) In die loop van die Latyns-Amerikaanse onafhanklikheidsbeweging het Argentinië in 1810 eerste sy wegbreek van Spanje verklaar. Paraguay het aanvanklik egter die kant van die moederland gekies en vroeg in 1811 selfs 'n Argentynse veldtog afgeweer. Op 14 Mei 1811 het Paraguay sy onafhanklikheid verklaar, maar nie by die Argentynse Konfederasie aangesluit nie. Die Spaanse goewerneur is afgesit en 'n raad bestaande uit vyf mans het die regering oorgeneem. Kort daarna is hierdie raad met twee konsuls, Fulgencio Yegros en José Gaspar Rodríguez de Francia, vervang, waarvan laasgenoemde in 1814 as president en absolute diktator geseëvier het. Frobel: Paraguay, bl. 335
Francia het tot sy dood in 1840 geregeer. Sy bewind is gekenmerk deur die land se isolasie van sy buurlande, waarvolgens die rewolusionêre ontwikkelinge daar min invloed op die Paraguaanse samelewing gehad het. Ter versterking van die regering het Francia in 1824 beslag gelê op kerkeiendom en in 1826 die helfte van Kreoolse grondeienaars se besit gekonfiskeer. Landbou en besighede het onder hom en sy twee opvolgers 'n groot opswaai getoon, waarvolgens die land teen die middel van die 19de eeu een van die mees ontwikkelde Suid-Amerikaanse lande geword het. Ná 'n kort interregnum het Francia se neef Carlos Antonio López die bewind in 1841 oorgeneem. Hy het dit aanvanklik met Mariano Roque Alonso gedeel, voordat hy in 1844 tot die eerste grondwetlike president van Paraguay benoem is. López het 'n radikale vorm van militarisme ingevoer. Hy het die weermag tot 8 000 soldate vergroot, algemene diensplig ingestel, groter en kleiner vestings opgerig en skepe op riviere ook gedurende vredestye bewapen. Desondanks het hy slegs een keer sy militêre instrument gebruik, toe hy in die Uruguaanse Burgeroorlog (1843-1851) ingegryp het. López het in 1843 slawerny in Paraguay amptelik begin afskaf, Ramiro Barboza: Manual de derechos humanos, 1990, bl. 30. die algemene en gratis skoolplig ingevoer, die regstelsel hervorm en inheemse mense van staatsburgerskap voorsien. Ná sy dood in 1862 is hy deur sy seun Francisco Solano López opgevolg.
López het daarop gemik om Paraguay se grondgebied uit te brei en hy kon staatmaak op die destyds doeltreffendste militêre mag op die Suid-Amerikaanse vasteland. Hy het die weermag verder vergroot en in 1864 oorlog verklaar teen beide Argentinië en Brasilië. Albei lande het met Uruguay die Drievoudige Alliansie gesmee. Tydens die Paraguaanse Oorlog (1864-1870) het Paraguay die meeste van sy bevolking (omtrent 384 000 van sowat 500 000) verloor. Buitendien het die Geallieerdes sowat 50% van die Paraguaanse grondgebied geannekseer en Paraguay tot in 1876 beset. Gevolglik was Paraguay sy ekonomiese krag en voorspoed kwyt. Frobel: Paraguay, bl. 332–341. President López is in die laaste oorlogsjaar tydens 'n geveg dood.
Onstabiele republiek duimnael|Omstrede gebiede tydens die Chaco-oorlog (1932–1935) Die algemene stemreg vir mans is met die 1870-grondwet ingestel.