Kuba (Spaans: Cuba, [ˈkuβa]), amptelik die Republiek Kuba (Spaans: República de Cuba, [re'puβlika ðe ˈkuβa]), is 'n eilandstaat in die Amerikas en bestaan uit Kubaeiland, die grootste van die Groot-Antille, die Isla de la Juventud en 'n aantal kleiner nabygeleë eilandjies. Kuba is in die noordelike deel van die Karibiese gebied geleë naby die samekoms van die Karibiese See, die Golf van Meksiko en die Atlantiese Oseaan. Kuba is suid van die Verenigde State en die Bahamas, wes van die Turks- en Caicoseilande en Haïti en oos van Meksiko waarvan dit deur die Straat van Yucatán geskei word. Die Kaaimanseilande en Jamaika is suid van Kuba geleë.

duimnael|links|Nasa-satellietbeeld van Kuba Kuba is die land met die grootste bevolking in die Karibiese Eilande. Die land se kultuur en gebruike is afkomstig uit verskeie bronne insluitend die oorspronklike Taíno en Ciboney bewoners, die Spaanse koloniale tydperk, slawe uit Afrika en die nabygeleë Verenigde State. Die eiland het 'n tropiese klimaat wat as gevolg van die omliggende see redelik matig is. Die warm water van die Karibiese See en die eiland se ligging voor die Golf van Meksiko maak Kuba kwesbaar tot gereelde orkane.

Kuba is aan die einde van die 15de eeu deur Spanje ontdek en gekoloniseer. In teenstelling met die res van Spaans-Suid-Amerika, wou Spanje Kuba in die 19de eeu as 'n kolonie behou en bereik dit eers in 1902 na ingryping van die Verenigde State ná die Spaans-Amerikaanse Oorlog sy onafhanklikheid. Vandag is die land amptelik 'n sosialistiese staat en word sedert 2018 deur Miguel Díaz-Canel geregeer. Die hoofstad is Havana en die amptelike taal is Spaans.

Geskiedenis duimnael|links|upright|Standbeeld van Hatuey, 'n Taíno-hoofman – Baracoa, Kuba Kuba is op 27 Oktober 1492 deur Christopher Columbus ontdek tydens sy eerste ontdekkingstog. Gott, Richard : Cuba A New History. Yale University Press. bl. 13

Die eiland was tydens Columbus se aankoms reeds deur Indiane, ook Amerindiane genoem, bewoon. Die aantekeninge van vroeë ontdekkingsreisigers en argeologiese fondse identifiseer drie groepe: die Gaunahatabyes, die Taíno en Ciboney. Die Gaunahatabyes is die oudste van die groepe en het moontlik uit Noord-Amerika in Kuba aangekom. Sommige argeoloë en antropoloë meen egter dat hulle, soos ander Amerindiane uit Suid-Amerika via die Karibiese Eilande in Kuba aangekom het. Toe die Spanjaarde in Kuba aangekom het, het hulle in die Westelike deel van Kuba gewoon. Die Ciboney was deel van die groter Arawak-groep uit Suid-Amerika. Die Ciboney was 'n steentydperkkultuur en meer gevorderd as die Gaunahatabyes. Die Ciboney was bekwame jagter-versamelaars en vissers en het, anders as die Gaunahatabyes, wat meestal in grotte gewoon het, ook primitiewe huise genaamd bajareques en barbacoas opgerig en 'n primitiewe vorm van landbou beoefen. Die Taíno's was 'n tweede, meer gevorderde, Arawak-groep wat omtrent twee eeue voor die Spaanse verowering op die eiland aangekom het. Daar was moontlik beduidende koperhandel met Suid-Amerika en voorwerpe uit die vasteland is al in Taíno-omgewings ontdek.

Die kus van Kuba is in 1511 volledig deur Sebastián de Ocampo gekarteer en in die jaar is die eerste Spaanse vesting deur Diego Velázquez de Cuéllar by Baracoa gestig. Ander dorpe, insluitend Havana (gestig in 1515), het kort daarna gevolg. Die Spanjaarde het soos elders in die Amerika's die ongeveer 100 000 inheemse bewoners wat Christendom weerstaan het onderdruk en aan slawerny onderwerp. Binne 'n enkele eeu het die inheemse bevolking so te sê as 'n aparte nasie verdwyn as gevolg van 'n kombinasie van siektes wat uit Europa ingevoer is, dwangarbeid en volksmoord. Aspekte van die omgewing se outogtone erfenis het wel deels behoue gebly deur die opkoms van 'n beduidende Mestizobevolking. An Interview On the Taino DNA testing in Puerto Rico. Profiles, Vol. 1, no. 2, 15 Augustus 2000Cuban Site Casts Light on an Extinct People Anthony DePalma, The New York Times, 5 Julie 1998Gott, Richard: Cuba: A new history, Yale University Press: 2004, bl.7 "A third element in Cuba's ethnic mix, the trace of indigenous blood that runs through most of its people except for the most recent immigrants, has usually been ignored or denied. It is vigorously downplayed by most historians in Havana today, although those in Santiago are more freethinking. The official line, doggedly maintained over the years, in spite of increasing evidence to the contrary, is that the Tainos were destroyed during the early years of conquest. This is clearly not so." DNA Genealogy, E. Elizondo "The mt-DNA haplogroup results were a complete surprise. The test results indicated that I descended on my maternal line from Siberian Eskimos who migrated across the Aleutian chain and Alaska and down to North and South America*. This contrasted with my genealogy research which showed that my oldest known female ancestor, Maria Obregon Ceballos, was born in the city of Trinidad, one of the oldest towns in Cuba -founded in 1514, presumably of Spanish ancestry." http://www.cubagenweb.org/dna.htm Met die vernietiging van die inheemse bevolking het die setlaars slawe uit Afrika, wat hoër weerstand teen siektes uit die Ou-Wêreld gehad het, begin invoer, en het die slawe spoedig 'n beduidende deel van die inwoners verteenwoordig.

Koloniale Kuba duimnael|links|Diego Velázquez de Cuéllar het Kuba vir die Spaanse Ryk verower duimnael|links|Die Britse inval en besetting van Havana in 1762 duimnael|links|Castillo de los Tres Reyes del Morro (Morro Kasteel [fort] wat in 1589 opgerig is om die oostelike ingang tot Havanabaai te beskerm) Kuba was vir 388 jaar lank 'n Spaanse besitting wat deur 'n goewerneur in Havana regeer is. Die kolonie se ekonomie was gebaseer op bosbou en die uitvoer van suiker, koffie en tabak na Europa en later ook Noord-Amerika. Die eiland is in 1762 deur die Verenigde Koninkryk in besit geneem maar die jaar daarna weer aan Spanje teruggegee. Die Spaanse bevolking is aangevul deur setlaars uit Haïti toe die gebied deur Spanje aan Frankryk afgestaan is. Soos in ander dele van die Spaanse Ryk het 'n klein elite van grondbesitters uit Spaanse afkoms die maatskaplike en ekonomiese mag beheer met die res van die bevolking wat uit gemengde ras kleinboere en arbeiders, kreole, en slawe uit Afrika bestaan het.

Hoewel daar wel 'n mate van agitasie vir onafhanklikheid was, het Kuba in die 1820's lojaal gebly, toe ander dele van Spanje se ryk in Latyns Amerika gerebelleer het en onafhanklike state gevorm het. Dit is gedeeltelik te wyte dat die welstand van die Kubaanse setlaars afhanklik was van hulle uitvoerhandel met Europa, en gedeeltelik uit vrese vir 'n slawerebellie (soos wat in Haïti plaasgevind het), as die Spanjaarde sou onttrek. Verder het die Kubane die groeiende mag van die VSA meer gevrees as wat hulle ontevrede was met die Spaanse koloniale heerskappy.

Kuba se ligging digby die VSA het 'n groot invloed op die land se geskiedenis gehad. In die 19de eeu het politici uit die suide van Amerika planne vir Kuba se anneksasie beraam om die pro-slawernymag in die VSA te versterk. Meeste van die tyd was daar 'n party in Kuba wat so 'n beleid ondersteun het. In 1848 is 'n pro-anneksasierebellie verslaan. Daar was ook verskeie pogings deur anneksasiemagte om die eiland uit Florida in te val. Meer as een poging is aangewend om Kuba by Spanje te koop. In die somer van 1848 het President James K. Polk sy ambassadeur aan Spanje, Romulus Mitchell Saunders, toestemming gegee om die aankoop van Kuba te onderhandel en Spanje tot $100 miljoen aan te bied – op daardie tydstip 'n aansienlike bedrag vir 'n enkele gebied. Spanje het egter geweier om een van die land se laaste besittings in die Amerikas af te staan.

Die uitslag van die Amerikaanse Burgeroorlog het oënskynlik 'n einde gebring aan die pro-anneksasie bedreiging. Agitasie vir Kubaanse onafhanklikheid van Spanje het herleef wat in 1886 tot 'n rebellie gelei het. Dit het uitgeloop op 'n uitgerekte konflik, wat as die Tienjarige Oorlog bekend staan, tussen onafhanklikheidsgesinde magte en die Spanjaarde en hulle plaaslike bondgenote. Daar was heelwat simpatie vir die onafhanklikheidstrewe in die VSA en nie-amptelike hulpverlening is verskaf, maar die VSA het nie militêr ingegryp nie. In 1878 is die konflik met die Vrede van Zanjon beëindig met Spanje wat groter outonomie aan Kuba belowe het.

Die eiland was uitgeput na die lang konflik en pro-onafhanklikheidsagitasie het tydelik gekwyn. Daar is ook gevrees dat as die Spanjaarde sou onttrek, of as daar verdere burgerlike stryd was, die VSA sou ingryp en die eiland sou annekseer. Deels as gevolg van druk uit die VSA, is slawerny in 1886 afgeskaf. Die afstammelinge van die slawe uit Afrika is egter steeds maatskaplik en ekonomies benadeel, ondanks burgerlike gelykstelling wat in 1893 toegestaan is. In die tydperk het landelike armoede in Spanje tot heelwat immigrasie na Kuba gelei — onder die aankomelinge was die ouers van Fidel Castro.

Gedurende die 1890's het pro-onafhanklikheidsagitasie herleef, aangeblaas deur wrewel oor die beperkings wat Spanje op Kubaanse handel geplaas het en vyandigheid teenoor Spanje se al hoe meer onderdrukkende en onbekwame administrasie van Kuba. In April 1895 het 'n rebellie onder leiding van die digter José Martí en Tomás Estrada Palma, wat Kuba as 'n onafhanklike republiek uitgeroep het, uitgebreek — Martí is kort daarna dood en het Kuba se onbestrede nasionale held geword. Die Spanjaarde het weerwraak geneem met 'n veldtog van onderdrukking waarvolgens die landelike bevolking, in wat deur internasionale waarnemers as vestingstede beskryf is, gedryf is. Daar word geskat dat tussen 200 000 en 400 000 Kubane in die tydperk aan vermaering en siekte gesterf het. Dit het gelei tot protes uit die VSA en Europa teen die Spaanse optrede op die eiland.

In 1897 het Spanje uit vrees vir ingryping deur die VSA 'n meer versoenende beleid in plek gestel waarvolgens selfregering met 'n verkose wetgewer belowe is. Die rebelle het die aanbod geweier en die onafhanklikheidsoorlog het voortgeduur. Kort daarna, op 15 Februarie 1898, is die Amerikaanse oorlogskip Maine op geheimsinnige wyse in die hawe van Havana opgeblaas met 266 sterftes tot gevolg. Magte in die VSA wat ten gunste van ingryping in Kuba was, het die geleentheid aangegryp om Spanje daarvan te beskuldig dat hulle verantwoordelik was vir die ontploffing. Meegesleep deur 'n golf van nasionalisme het die Kongres in die VSA 'n resolusie deurgevoer wat 'n beroep gedoen het vir ingryping. President William McKinley het spoedig hieraan voldoen.

Dit het gelei tot die Spaans-Amerikaanse Oorlog waarin VSA magte in Junie 1898 in Kuba geland het en die Spaanse weerstand vinnig oorkom het. In Augustus is 'n vredesverdrag onderteken waarvolgens Spanje ingestem het om uit Kuba te onttrek. In die VSA was daar stemme ten gunste van Kubaanse onafhanklikheid terwyl ander anneksasie voorgestaan het. Om 'n kompromie te bereik het die McKinley-administrasie Kuba onder 'n 20-jaar VSA verdrag geplaas. Die Kubaanse onafhanklikheidsbeweging was bitterlik gekant teen die reling, maar anders as in die Filippyne, waar soortgelyke gebeure afgespeel het, was daar nie 'n uitbraak van gewapende weerstand nie.

Onafhanklikheid duimnael|Groot Teater van Havana, Garcia Lorca duimnael|Calixto García, 'n generaal van Kubaanse separatiste-rebelle (regs) met die Amerikaanse brigadier-generaal William Ludlow op Kuba, in 1898 duimnael|Op 20 Mei 1902 word die Kubaanse vlag op die goewerneurgeneraal se paleis gehys