duimnael|150px|FSB-embleem

Die FSB (voormalige KGB) is die binnelandse intelligensiediens van Rusland. FSB staan vir Federale Veiligheidsdiens van die Russiese Federasie (Федеральная служба безопасности Российской Федерации: Federalnaja sloezjba bezopasnosti Rossijskoi Federatsii). Die diens beveg onder meer korrupsie, terrorisme en georganiseerde misdaad.

Die FSB is in 1995 gestig as opvolger van die FSK (Federale Teenintelligensiediens), wat weer op sy beurt die KGB in 1991 vervang het. In 1995 het die FSB ook groter bevoegdhede gekry, wat hom byna net soveel mag gee as wat die destydse KGB gehad het. Sy hoofkwartier is in die Loebjanka op Loebjanka-plein in Moskou, net soos dié van die KGB.

Tussen Julie 1998 en Augustus 1999 was Wladimir Poetin, tot 7 Mei 2008 president van die land, hoof van die FSB. Die hoof sedert 2008 is Aleksandr Bortnikof.

Die FSB oefen steeds ’n betekenisvolle invloed op die vinnig groeiende ekonomie van die Russiese Federasie uit, en ’n groot aantal hoof- uitvoerende beamptes van belangrike Russiese ondernemings is voormalige lede en medewerkers van die FSB.

Struktuur Die FSB is in verskeie departemente ingedeel, onder meer: Intelligensie Anti-terrorisme Strategiese beplanning Menslike hulpbronne Operasioneel

Werksaamhede Die FSB is verantwoordelik vir die binnelandse sekuriteit van die Russiese staat, teenspioenasie en die stryd teen georganiseerde misdaad, terrorisme en onwettige dwelmhandel. Teenstanders beweer egter dat dit betrokke is by die onderdrukking van andersdenkendes, dat dit die hele bevolking probeer beheer en belangrike politieke aangeleenthede beïnvloed, nes die KGB in die verlede gedoen het. Om hierdie doelwitte te bereik, gebruik die FSB onder meer massa-monitering, disinformasie, propaganda deur die staatsbeheerde massamedia en die vervolging van politici van die opposisie en ondersoekende joernaliste.The Perils of Putinism , deur Arnold Beichman, Washington Times, 11 Februarie 2007Putinism on the March, deur George F. Will, Washington Post, 30 November 2004The Essence of Putinism: The Strengthening of the Privatized State, deur Dmitri Glinski Vassiliev, Sentrum vir Strategiese en Internasionale Studies, November 2000What is ‘Putinism’? , deur Andranik Migranyan, Russia in Global affairs, 13 April 2004Putinism: Highest Stage of Robber Capitalism, deur Andrei Piontkovsky, The Russia Journal, 7 Februarie 2000Resensie van Andrei Pionkovsky se Another Look into Putin's Soul deur sy edele Rodric Braithwaite , Hoover InstituteAndrei Illarionov: Approaching Zimbabwe (Russian) – – Gedeeltelik Engelse vertalingRussia After the Presidential Election , deur Mark A. Smith Konflikstudies-navorsingsentrum

Polemiek Die FSB het die mag om enige huis of besigheid sonder ’n lasbrief binne te gaan as daar genoegsame rede is om te glo "dat ’n misdaad daar gepleeg is of gepleeg word".Aleksandr Platkovskiy, "Pod novoy vyveskoy vozrozhdayetsya staroe KGB," Izvestiya, 18 Maart 1995, pp. 1-2"Russia, Keeps Getting Back," Economist, 15 April 1995, pp. 51-52.

Menseregte-aktiviste het al beweer dat die FSB nie baie gretig is om sy KGB-mantel af te gooi nie en daar is ook al beweer dat dit sake teen vermeende andersdenkendes gefabriseer het en dreigemente gebruik om agente te werf.

Baie Russiese opposisie-wetgewers en ondersoekende joernaliste het al in sluipmoordaanvalle gesterf terwyl hulle korrupsie en beweerde misdaad deur die FSB en staatsowerhede ondersoek het: Sergei Joesjenkof, Joeri Sjtsjekotsjichin, Galina Starowoitowa, Anna Politkofskaja, Alexander Litvinenko, Paul Klebnikof, Nadezjda Tsjaikowa, Nina Jefimowa en baie ander.Yushenkov: A Russian idealist Die voormalige KGB-offisier Oleg Gordijefski glo dat die moorde op die skrywers Sjtsjekotsjichin ("Slaves of KGB"«Рабы ГБ. XX век. Религия предательства») en Politkofskaja asook op Litvinenko wys dat die FSB weer betrokke is by politieke sluipmoorde, wat in die verlede uitgevoer is deur die Dertiende Departement (KGB).* Christopher Andrew en Vasili Mitrokhin, The Mitrokhin Archive: The KGB in Europe and the West, Gardners Books (2000), Net voor sy dood het Litvinenko Wladimir Poetin daarvan beskuldig dat hy persoonlik opdrag gegee het vir die moord op Politkofskaja. Alexander Litvinenko at the Frontline Club accusing Vladimir Putin of the assassination of journalist Anna Politkovskaya (In Russies en Engels)

Van die Tsjeka tot die FSB Van 1917 af het die Sowjet- en Russiese geheime agentskappe verskeie name gehad:

DatumAfrikaanse naamRussiese naamDesember 1917Tsjeka, ook bekend as die Wetsjeka, Geheel-Russiese Spesiale Kommissie vir die Bevegting van Teenrewolusie en SabotasieЧК, ВЧК, Всероссийская Чрезвычайная Комиссия по Борьбе с Контрреволюцией и Саботажем (Wserossijskaja Tsjrezwitsjainaja Komissija po Borbe s Kontrrewoljoetsiei i Sabotazjem)Februarie 1922Ingelyf by die NKWD (Volksadministrasie vir Binnelandse Sake) as GPOe, Politieke StaatsadministrasieГПУ, Государственное Политическое Управление (Gosoedarstwennoje Polititsjeskoje Oeprawlenije)Julie 1923OGPOe, Gesamentlike Politieke StaatsadministrasieОГПУ, Объединённое Государственное Политическое Управление при СНК СССР (Obedinnjonnoje Gosoedarstwennoje Oeprawljennije pri SNK SSSR)Julie 1934Ingelyf by NKWD as GOeGB, Hoofadministrasie vir StaatsveiligheidГУГБ, Главное Управление Государственной Безопасности (Glawnoje Oeprawljenije Gosoedarstwennoi Bezopasnosti)Februarie 1941NKGB, Volksadministrasie vir StaatsveiligheidНКГБ, Народный Комиссариат Государственной Безопасности (Narodni Komissariat Gosoedarstwennoi Bezopasnosti)Julie 1941Heringelyf by die NKWD as GOeGBГУГБApril 1943NKGBНКГБMaart 1946MGB, Ministerie van StaatsveiligheidМГБ, Министерство Государственной Безопасности (Ministerstwo Gosoedarstwennoi Bezopasnosti)Maart 1953MGB smelt saam met MWD (Departement van Binnelandse Sake) om ’n groter MWD te vormМВД, Ministerstwo Внутренних Дел (Ministerstwo Wnoetrennich Del)Maart 1954KGB, Komitee vir StaatsveiligheidКГБ, Комитет Государственной Безопасности (Komitet Gosoedarstwennoi Bezopasnosti)November 1991FSK, Federale TeenintelligensiediensФСК, Федеральная Служба Контрразведки (Federalnaja Sloezjba Kontrrazwedki)April 1995FSB, Federale VeiligheidsdiensФСБ, Федеральная Служба Безопасности (Federalnaja Sloezjba Bezopasnosti)

Hoofde van die FSK en FSB Wiktor Pawlowitsj Barannikof, 1992–1993 Nikolai Michailowitsj Goloesjko, 1993–1994 Sergei Wadimowitsj Stepasjin, 1994 1998- 1995 Michail Iwanowitsj Barsoekof, 1995–1996 Nikolai Dmitriewitsj Kowalef, 1996–1998 Wladimir Poetin, 1998–1999 Nikolai Platonowitsj Patroesjef, sedert 1999

Verwysings

Bronnelys Yuri Felshtinsky, Alexander Litvinenko en Geoffrey Andrews. Blowing up Russia : Terror from within. 2002. Yevgenia Albats en Catherine A. Fitzpatrick. The State Within a State: The KGB and Its Hold on Russia – Past, Present, and Future. 1994. . David Satter. Darkness at Dawn: The Rise of the Russian Criminal State. Yale University Press. 2003. .

Notas Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel :en:Federal Security Service of the Russian Federation

Eksterne skakels

Amptelike webtuiste van die FSB (in Russies)

Kategorie:Intelligensiedienste Kategorie:Rusland