Hierdie artikel handel oor die dorp in die Oos-Kaap. Vir ander gebruike, sien Middelburg.

duimnael|links|Die Gereformeerde kerk Middelburg, Kaap, is volgens sekere bronne die oudste kerkgebou van die kerkverband wat vandag nog as sodanig diens doen.

duimnael|links|Die eertydse sinagoge, nou 'n woonhuis. Middelburg is 'n dorp in die Suid-Afrikaanse provinsie die Oos-Kaap. Dit lê omtrent halfpad tussen Graaff-Reinet en Colesberg op die oewer van die Klein-Brakrivier.

Geskiedenis Die dorp is in 1852 gestig en kry sy naam as gevolg van die sentrale ligging daarvan ten opsigte van Cradock, Colesberg, Richmond en Hofmeyr. Die dorp is aangelê op die plaas Driefontein op 6 April 1852 nadat die kerkraad van Colesberg dit by die boer Jan Coetzee gekoop het vir ₤3 000.

Omgewing Die N9 en N10 nasionale paaie sluit bymekaar aan suid van die dorp en gaan weer uitmekaar 18 km aan die noordekant van die dorp. Die distrik is 5 700 km² groot en is een van die beste merinodistrikte in die land.

Noemenswaardige boorlinge Athol Fugard, dramaturg, akteur en regisseur Tom Naudé, waarnemende Staatspresident van Suid-Afrika (1967–1968) Tony Smit, Springbok-vroueatleet

Sien ook NG gemeente Middelburg, Kaap Gereformeerde kerk Middelburg, Kaap Lys van dorpe in Suid-Afrika

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf Middelburg op Go2Africa.com

Kategorie:Nedersettings in die Oos-Kaap