duimnael Die vraagteken (?) is 'n leesteken wat 'n vraag of versoek afsluit, of affek uitdruik.

Vrae en versoeke 'n Vraagteken sluit 'n direkte vraag, retoriese vraag, einddeelvraag of intonasievraag af. Bv: Wat is jou naam? Ek sit en wonder: Wat is die doel van die lewe? (AWS, 2017)

Affek Wanneer 'n vraagteken binne 'n sin gebruik word om affek uit te druk, word dit tussen hakies geplaas. Bv: Haar swangerskap (?) laat haar naar voel. Sy het 'n egte (?) Irma Stern by 'n pandjieswinkel gekoop.

Bronnelys Afrikaanse woordelys en spelreëls, 2017. Kaapstad: Pharos

Kategorie:Leestekens