Jason Momoa (gebore 1 Augustus 1979) is 'n Amerikaanse akteur, vervaardiger, en regisseur. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Aquaman (2018),Conan the Barbarian (2011), Bullet to the Head (2012), en Justice League (2017), en in die televisiereeks Stargate: Atlantis (2004).

Hy speel Aquaman in Batman v Superman: Dawn of Justice, en in Justice League (2017) en in Aquaman (2018).

Vroëe lewe Momoa is in 1979 gebore in Honolulu, Hawaii, as enigste kind van Coni (Lemke), 'n fotograaf, en Joseph Momoa, 'n verwer. Hy het grootgeword in Norwalk, Iowa.Jason Momoa Biography on TVguide

Loopbaan In Junie 2014, het Momoa na bewering die rol van Aquaman gekry. Hy het die rol gespeel in Batman v Superman: Dawn of Justice, Aquaman se live-aksie-toneel debuut. Momoa speel die karakter in die 2017 film Justice League. Hy het daarna in die Aquaman solo-rolprent gespeel wat in laat 2018 vrygestel is.

Persoonlike lewe Momoa het 'n verhouding met die aktrise begin Lisa Bonet nadat vriende hulle in 2005 aanmekaar voorgestel het. Alhoewel dit voorheen geglo was dat Momoa en Bonet op 15 November 2007 getrou het, het die egpaar nie wettiglik getrou tot Oktober 2017 nie. Deur sy huwelik met Bonet het Momoa die stiefpa geword van Zoë Kravitz.

Op 23 Julie 2007 het Bonet geboorte geskenk aan hul eerste kind,'n dogter, genaamd Lola Iolani Momoa. Op Desember 15, 2008, is hulle tweede kind gebore , 'n seun genoem Nakoa-Wolf Manakauapo Namakaeha Momoa.

Filmografie Rolprente 2007: Pipeline 2011: Conan the Barbarian 2012: Bullet to the Head 2013: RingCon 2012 2014: Road to Paloma 2014: Debug 2016: Sugar Mountain 2016: The Bad Batch 2017: Justice League 2017: Once Upon a Time in Venice 2018: Aquaman 2018: Braven Just Cause Ko'olau the Defiant One Untitled Will Ferrell/Jason Momoa Project

Televisiereekse 2004: Stargate: Atlantis 2004: North Shore 2014: The Red Road 2016: Frontier 2018: See

Televisierolprente 2003: Tempted

Video's 2018: Justice League: The New Heroes 2018: Suit Up: The Look of the League 2018: Justice League: Scene Studies

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Geboortes in 1979 Kategorie:Amerikaanse rolprentregisseurs Kategorie:Amerikaanse rolprentvervaardigers Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 21ste eeu