Die Vlagsterte (Kuhliidae) is 'n vis-familie van die orde Perciformes. Hulle kom natuurlik in die Indiese Oseaan en Stille Oseaan voor. Daar is een genus en dertien spesies in die familie, waarvan slegs K. rupestris 'n varswaterspesie is en slegs twee spesies kom aan die Suider-Afrikaanse kus voor.
Voorkoms Vlagsterte het 'n silwer voorkoms. Hulle vorm bedags skole en versprei in die aand op soek na kos. Hulle vreet soöplankton en vis. Die vis kan 'n lengte van 50 cm bereik.
Genus Die volgende genus en gepaardgaanse spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
Kuhlia Kuhlia mugil - Bontstertjie Kuhlia rupestris - Klip-vlagstert
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Kategorie:Beenvisse