Die Kardinaalvisse (Apogonidae) is 'n familie wat tot die orde Perciformes behoort. Daar is 22 genera met minstens 250 spesies in hierdie familie. Drie-en-vyftig van die spesies kom aan die Suider-Afrikaanse kus voor.

Kenmerke Die familie se liggaam is reghoekig en ietwat plat en het twee afsonderlike dorsale vinne. Die bek is groot en die familie het 'n volledige sylyn. Die grootte wissel van 4 – 25 cm. Die meeste spesies is naglewend en hulle vreet klein bodem ongewerweldes en soöplankton. Hierdie familie is een van die min seevisse waar orale inkubasie beoefen word; die mannetjie dra eiers in sy mond rond. Die meeste spesies is klein en leef in en by koraalriwwe. 'n Paar spesies leef in riviermondings en ook in varswater. Kardinaalvisse pas goed aan in akwariums.

Genera Die volgende genera en gepaardgaande spesies kom aan die Suider-Afrikaanse kus voor:

Apogon Apogon angustatus - Breëstreepkardinaal Apogon cookii - Swartband-kardinaal Apogon fraenatus - Stekelwang-kardinaal Apogon kallopterus - Stekelkop-kardinaal Apogon nigrofasciatus - Swartstreep-kardinaal Apogon semiornatus - Drieband-kardinaal Apogon taeniophorus - Negestreep-kardinaal

Apogonichthys Archamia Astrapogon Cercamia Cheilodipterus Cheilodipterus artus - Wolfkardinaal Cheilodipterus macrodon - Tierkardinaal Cheilodipterus quinquelineatus - Skerptand-kardinaal

Coranthus Foa Fowleria Glossamia Gymnapogon Holapogon Lachneratus Mionorus Neamia

Ostorhinchus Ostorhinchus apogonoides - Korttand-kardinaal Ostorhinchus cyanosoma - Gouestreep-kardinaal Ostorhinchus flagelliferus‎ - Sweep-kardinaal

Paxton Phaeoptyx Pseudamia Pseudamiops Pterapogon Rhabdamia Siphamia Sphaeramia Taeniamia Taeniamia fucata - Rooibalk-kardinaal Taeniamia mozambiquensis - Mosambiekse kardinaal

Vincentia

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Kategorie:Baarsagtiges