Ledumahadi is ’n genus souropode-dinosourusse uit die Vroeë Jura wat in die Elliot-formasie in die Vrystaat, Suid-Afrika, ontdek is en waarskynlik sowat 200 miljoen jaar gelede in die gebied om Clarens voorgekom het. Die tipe-spesie en enigste spesie is L. mafube, wat bekend is van ’n enkele, onvolledige skelet. Die dier was ’n reusagtige, vierpotige, vroeë souropode, met ’n gewig van tot sowat 12 ton, hoewel dit nog nie pilaarvormige pote ontwikkel het soos latere souropodes nie.

Ledumahadi is Sesotho vir ’n "reusedonderslag teen dagbreek". Die navorsing oor die dinosourus is op 27 September 2018 aangekondig deur Wits-professor Jonah Choiniere, dr. Jennifer Botha-Brink van die Suid-Afrikaanse Nasionale Museum in Bloemfontein en dr. Emese Bordy van die Universiteit van Kaapstad.Canny Maphanga, News24.com, 27 September 2018. New species of dinosaur found in the Free State Besoek op 28 September 2018.

Beskrywing L. mafube was die grootste landdier in die tyd toe dit gelewe het – dit was omtrent twee keer so groot soos ’n Afrika-olifant.Wits-universiteit aanlyn, 27 September 2018. "Ledumahadi mafube – South Africa’s new Jurassic Giant" Die spesie was een van die eerste souropodes, wat die bekende Brontosaurus insluit. Alle souropodes was plantvretend en het op vier pote geloop. Hulle het ’n houding gehad soos dié van moderne olifante.

Taksonomie Die filogenetiese ontleding van Ledumahadi lyk soos volg:

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Sauropodomorpha