Die 25ste FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi (Arabies: كَأْسُ الْعَالَمِ لِكُرَةِ الْقَدَم 2034; Engels: FIFA World Cup) sal in November en Desember 2034 in Saoedi-Arabië beslis word. Ná die 2022-toernooi sal dit die tweede Sokker-Wêreldbekertoernooi in die Midde-Ooste en die derde in Asië sedert 2002 in Japan en Suid-Korea wees. Dit is ook die vierde groot sokkertoernooi in Saoedi-Arabië ná die eerste drie FIFA Sokker-Konfederasiebekertoernooie in 1992, 1995 en 1997; ná die 2030-toernooi met Marokko as medegasheer die derde Sokker-Wêreldbekertoernooi in die Arabiese wêreld en ’n land met ’n Islamitiese bevolkingsmeerderheid. Soos die 2026- en 2030-toernooie sal dit deur 48 nasionale sokkerspanne uitgespook word, insluitend dié van die gasheerland. Dit sal presies 100 jaar ná die tweede FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1934 in Italië gehou word.

duimnael|links|upright|Die Sokker-Wêreldbekertrofee waarom meegeding sal word FIFA het die moontlike gashere op Asië en Oseanië beperk nadat hy besluit het om die 2030-toernooi op drie vastelande aan te bied (Afrika, Europa en Suid-Amerika). Volgens waarnemers het FIFA sy eie reëls gebuig om die weg te baan vir Saoedi-Arabië as gasheer deur die aantal moontlike gashere te sny. FIFA het ook die bodtydperk onverwags met drie jaar versnel wat ander moontlike botte gekniehalter het. Volgens berigte deur The New York Times het FIFA se president Gianni Infantino 'n sleutelrol gespeel deur FIFA se reëls te buig en die goedkeuring van Saoedi-Arabië se bod te vergemaklik.

Toewysing Die bodproses vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2034 het op 4 Oktober 2023 begin en oorspronklik dieselfde vereistes behels as dié vir die 2030-toernooi. FIFA het later die aantal vereiste stadions met 'n minimum kapasiteit van 40 000 van sewe na vier verlaag. Weens FIFA se rotasiebeleid het slegs lidlande van AFC en OFC in aanmerking gekom as gasheerlande. FIFA het besluit om die 2030-toernooi op drie vastelande te huisves (Afrika, Europa en Suid-Amerika) en die 2026-toernooi sal in Noord-Amerika beslis word, waarvolgens die 2034-toernooi slegs in Asië of Oseanië aangebied kan word.

Op 31 Oktober 2023 het FIFA se president Gianni Infantino aangekondig dat Saoedi-Arabië die 2034-toernooi sal huisves, waarvolgens dit die derde toernooi sal wees wat in een van AFC se lidlande aangebied sal word ná die 2002-toernooi in Japan en Suid-Korea en die 2022-toernooi in Katar. Ná die 2022-toernooi in Katar is dit ook die tweede toernooi in die Midde-Ooste.

Volgens ondersoekende verslaggewing deur The New York Times het Infantino 'n sleutelrol gespeel in die keuring van Saoedi-Arabië as gasheer. Hy was namens Saoedi-Arabië betrokke in privaat diplomasie, toe hy die moontlikheid ondersoek het of Griekeland saam met Saoedi-Arabië as medegasheer wou optree vir die 2030-toernooi. Toe Spanje, Portugal en Marokko aangekondig het dat hulle gesamentlik wil aansoek doen as gashere vir die 2030-toernooi, het die Saoedi's dit as onwaarskynlik beskou dat dié bod geklop sou kon word. Vervolgens het die Saoedi's hul 2030-bod teruggetrek. FIFA het vervolgens twee skuiwe gemaak wat The New York Times as "vreemd" beskryf het, toe FIFA aangekondig het dat die eerste drie wedstryde van die 2030-toernooi in Uruguay, Argentinië en Paraguay beslis sal word, waarna die res in Spanje, Marokko en Portugal sal plaasvind. Met dié besluit was Europa, Afrika en Suid-Amerika onverkiesbaar as moontlike gashere vir die 2034-toernooi, waarvolgens slegs lede van Asië of Oseanië in aanmerking kon kom. FIFA het ook die bodtydperk vir die 2034-toernooi onverwags versnel, waarvolgens belangstellende lande slegs 25 dae gehad het om hul belangstelling aan te kondig. Saoedi-Arabië het sy belangstelling binne minute aangekondig.

Op 11 Desember 2024 het FIFA bevestig dat Saoedi-Arabië die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2034 sal aanbied. Dié besluit is tydens 'n buitengewone FIFA-kongresvergadering aangekondig, waar die gashere vir beide die 2030- en 2034-toernooie ná 'n stemming gefinaliseer is.

Die stemming het as volg verloop: Stemming vir gasheer van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2034 Land Stemming eenparig

Kwalifisering Kwalifiserende spanne Die volgende span het vir die finale toernooi gekwalifiseer (soos op 11 Desember 2024):

duimnael|400px|Uitslag van die kwalifisering: SpanVerskynings by eindstrydeAgtereenvolgende deelnamesLaaste verskyningVorige beste prestasien.v.t.n.v.t.n.v.t.n.v.t.

Stadions Die amptelike lys stadions het op 31 Julie 2024 in die bodboek verskyn. Die toernooi sal in vyf stede aangebied word, naamlik Riaad, Djedda, Khobar, Abha en Neom, met altesaam 15 stadions (waaronder elf nuwes). Die Koning Salman Int’l Stadion in Riaad sal waarskynlik beide die openings- en eindstryd huisves.

+ Lys van moontlike kandidaatstede Stad Stadion KapasiteitAbha Koning Khalid Universiteitsstadion (nuut) 45 428 Djedda Koning Abdullah Sportstadstadion 62 345 Qiddiya Kusstadion (nuut) 46 096 Djedda Sentrale Ontwikkelingsstadion (nuut) 45 794 Koning Abdullah Ekonomiese Stadstadion (nuut) 45 700 Khobar Aramco-stadion (nuut) 46 096 Neom Neom-stadion (nuut) 46 010 Riaad Koning Salman Int’l Stadion (nuut) 92 000 Koning Fahd Sportstadstadion 70 000 Suid-Riaad-stadion (nuut) 47 060 Prins Mohammed bin Salman-stadion (nuus) 46 979 Prins Faisal bin Fahd Sportstadstadion 46 865 Koning Saud Universiteitsstadion 46 319 Nuwe Murabba-stadion (nuut) 46 010 Roshn-stadion (nuut) 46 000

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf van die Saoedi-Arabiese 2034-bod

2034 Kategorie:Sokkerkompetisies in Saoedi-Arabië Kategorie:Sport in 2034