Era is 'n musiekprojek van die Franse musikant Eric Levi, wat dikwels gebruik maak van Gregoriaanse gesange in 'n kunsmatige taal, wat nou verwant is aan Latyn. Die musiek behoort tot die Nuwe Era-genre en vergelyk baie goed met dié van soortgelyke projekte soos Enigma en Deep Forest.

Era vermeng sy Nuwe Era-klanke met die tipiese kitaarsolos van rockmusiek. Die CD-langspelers van Era het in Europa blitsverkopers geword, en daar is ook 'n SACD/CD-hibriedalbum met 'n DVD-Video vrygestel, wat die gunsteling-videosnitte van Era bevat.

Diskografie 1998: Era 2000: Era 2 2003: The Mass 2008: Reborn 2013: Arielle Dombasle by Era 2017: The 7th Sword

Kompilasies 2001: Era - The Legend 2004: The Very Best of Era (SACD + DVD) 2009: Classics 2010: Classics Vol 02 2010: The Essential

Eksterne skakels Die webwerf van Era Era se profiel op allmusic.com Discogs-diskografie

Kategorie:Franse musiekgroepe Kategorie:Nuwe Era-musiek