duimnael|links|Lugbeeld van Ponte JK duimnael|Juscelino Kubitschek-brug duimnael|Juscelino Kubitschek-brug
Die Juscelino Kubitschek-brug (Portugees: Ponte Juscelino Kubitschek) —ook bekend as die President JK Brug of die JK Brug (Portugees: Ponte JK)—oorkruis die Paranoámeer in Brasília. Dit is vernoem na Juscelino Kubitschek, voormalige president van Brasilië. Dit is ontwerp deur die argitek Alexandre Chan en struktuuringenieur Mário Vila Verde. Chan het die Gustav Lindenthal Medalje vir die projek gewen by die 2003 International Bridge Conference in Pittsburgh.
Dit bestaan uit drie 200-voet hoë asimmetriese staal boë wat diagonaal heen en weer oor die brug loop. Die brug is 0,75 myl lank en is in 2002 teen 'n koste van VSA-$56,8 miljoen voltooi. Die brug het 'n voetgangerlooplys en is toeganklik vir fietsryers en skaatsers.
Dimensies Totale lengte: 1 200 m Dek Wydte: 24 m Hoogte: 60 m Hoogte bo bodem: 18 m
Eksterne skakels
International Bridge Conference Award Winners Nagtelike foto wat voetganger / fietspad vertoon Satelliet Foto op Google Maps
Kategorie:Brasília Kategorie:Brûe in Brasilië