duimnael|250px|Klaas Runia in 1968 Klaas Runia (Oudeschoot, 7 Mei 1926 - Kampen, 14 Oktober 2006) was 'n Nederlandse joernalis, dominee en teoloog van die gereformeerde tradisie (Gereformeerde Kerken in Nederland, teenswoordig Protestantse Kerk in Nederland (PKN)).
Lewensloop In die jare 1949-1956 was Runia predikant in Marknesse en Dokkum. In die jare 1956-1971 was hy hoogleraar in die teologie in Australië en in die jare 1971-1992 was hy hoogleraar in die teologie aan die Kampense gereformeerde teologiese universiteit (Oudestraat). Runia was gekant teen die moderne teologie en moderne teoloë soos Harry Kuitert.
Ook was hy jare joernalis by die Friesch Dagblad en die Centraal Weekblad.
Klaas Runia is op die ouderdom van 80 oorlede.
Publikasies De theologische tijd bij Karl Barth, 1955 Het hoge Woord in de lage landen, 1985 Waar blijft de kerk?, 1988 Wegen en doolwegen in de nieuwere theologie, 1993 Op zoek naar de Geest, 2000
Kategorie:Nederlandse akademici Kategorie:Nederlandse joernaliste Kategorie:Nederlandse predikante Kategorie:Nederlandse teoloë Kategorie:Geboortes in 1926 Kategorie:Sterftes in 2006