70px|links|Vlag van die Woiwodskap Masowië Kaart 180px Wapen en vlag 75px|Wapen van die Woiwodskap Masowië 150px|Vlag van die Woiwodskap Masowië Basiese gegewens Setel van die woiwode: Warskou Setel van die parlement: Warskou Woiwode: Jacek Kozłowski Woiwodskapsmaarskalk: Adam Struzik Grootste stad: Warskou ISO 3166-2: PL-MZ Nommerplate: W Bevolking: 5 213 855 (30 Junie 2009) Bevolkingsdigtheid: 146 inw. per km² Geografie Oppervlakte: 35 566 km² - waarvan land: ? km² - waarvan water: ? km² Strekking: Noord-suid: tot 270 kmWes-oos: tot 221 km Hoogste punt: ? m bo seevlak Laagste punt: ? benede seevlak Landskapstruktuur Bosse: 22,3 % Waterliggame: ? % Landbou: 59,7 % Ander: ? % Administratiewe verdeling Selfregerende stede: 5 Powiat (distrikte): 37 Munisipaliteite: 314

Masowië (Pools: Województwo Mazowieckie) is die grootste woiwodskap in Sentraal-Pole met meer as 5 miljoen inwoners, die hoofstad is Warskou. Die woiwodskap is op 1 Januarie 1999 gestig.

Geskiedenis

Masowië is 'n landskap van vlaktes met swak grond en tradisionele rietdak-huisies wat wyd uitgestrek rondom die Poolse hoofstad Warskou lê. Dit is – behalwe vir die streke naby Warskou – van oudsher 'n relatief arm gewes waar inwoners 'n karige bestaansboerdery beoefen het. duimnael|links|'n Historiese graanskuur in Górzno Reeds in die 11de eeu is pogings onderneem om hier 'n onafhanklike ryk te vestig. Sedert 1138 is Masowië deur die plaaslike selfstandige Piaste-dinastie geregeer. Dit het nie deel gevorm van die in 1320 nuut gestigte Poolse koninkryk nie en was 'n tyd lank selfs 'n Luxemburgse leenstaat.

Op politieke gebied het die Masowiese vorste hulle in die spanningsveld tussen Poolse kroon en die Duitse Ordenstaat beweeg, en eers in 1526, toe die twee laaste heersers kinderloos gesterf het, is die gebied by die Pools-Litause Gemenebes ingelyf. Masowië het danksy sy strategiese ligging tussen Pole, Litaue en die Oossee in die volgende dekades 'n sentrale rol in die koninkryk begin speel. Nogtans was die plaaslike adel vanweë sy behoudende en provinsiale karakter allesbehalwe 'n dryfveer vir politieke en ekonomiese vooruitgang in die Pools-Litause staat.

Sodoende is daar in Masowië vandag minder argitektoniese en ander trekpleisters as byvoorbeeld in Groot- en Klein-Pole. Bekende besienswaardighede sluit die Romaanse kerkgeboue langs die Weichsel-rivier, die Gotiese baksteenkastele van die Masowiese vorstehuis, geboue volgens ontwerpe van die Italiaanse boumeester Gianbattista da Venezia in nedersettings soos Brochów of Pułtusk, en adellike landgoedere in byvoorbeeld Nieborów of Arkadia wat volgens die barok- en romantiese styl gebou is.

Grootste stede Stede met meer as 30 000 inwoners in 2006 24px Warschau – 1 700 536 (517,90 km²) 24px Radom – 226 895 (111,71 km²) 24px Płock – 127 224 (88,06 km²) 24px Siedlce – 76 074 (31,87 km²) 24px Pruszków – 55 452 (19,15 km²) 24px Ostrołęka – 53 579 (29,00 km²) 24px Legionowo – 50 553 (13,60 km²) 24px Ciechanów – 45 888 (32,84 km²) 24px Otwock – 42 881 (47,33 km²) 24px Żyrardów – 40 892 (14,35 km²) 24px Sochaczew – 37 998 (26,13 km²) 24px Mińsk Mazowiecki – 37 544 (13,12 km²) 24px Piaseczno – 37 506 (16,33 km²) 24px Wołomin – 36 710 (17,32 km²) 24px Mława – 30 817 (35,50 km²)

Eksterne skakels

Amptelike webtuiste van Masowië

Masowië