Joseph Conrad (1857–1924), was 'n Engelse roman- en prosaskrywer wat in Pole gebore is. Hy word as een van die belangrikste Engelse skrywers van die vroeë 20ste eeu beskou. Sy romans handel dikwels oor die see en kolonialisme, asook die morele probleme wat daarmee gepaardgaan. Sy bekendste romans is Heart of Darkness, Lord Jim, Nostromo en The Secret Agent.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,

Lewensloop Józef Teodor Konrad Korzeniowski is op 3 Desember 1857 in Berdychif, Rusland (tans Oekraïne) gebore. Hy is op 11 wees gelaat en sy oom het hom verder grootgemaak. Op 16 trek hy na Marseille waar hy 'n seeman word. Hy het eers in sy 20's geleer om Engels goed te praat, en het dus altyd 'n Poolse aksent gehad.

Hy word 'n Britse burger in 1886 en vestig hom in 1895 (op 37) in Londen. In 1896 trou Conrad met die Engelse Jessie George. Die egpaar het twee seuns gehad, John en Borys. Hy het ook 'n geruime tyd in Bretagne op die eiland Enez-Veur gewerk. Op die eiland is 'n straat, Rue Joseph Conrad, na hom vernoem.

Hy is op 3 Augustus 1924 (op 66) in Bishopsbourne, Engeland oorlede.

Romans en novelle Almayer's Folly (1895) An Outcast of the Islands (1896) The Nigger of the Narcissus (1897) Heart of Darkness (1899) Lord Jim (1900) The Inheritors (1901), saam met Ford Madox Ford Typhoon and Other Stories (1903) Romance (1903), saam met Ford Madox Ford Nostromo (1904) The Secret Agent (1907) Under Western Eyes (1911) A Personal Record (1912) Chance (1913) Victory (1915) The Shadow Line (1917) The Arrow of Gold (1919) The Rescue (1920) The Nature of a Crime (1923), saam met Ford Madox Ford The Rover (1923)

Verwysings

Kategorie:Britse skrywers Kategorie:Poolse skrywers Kategorie:Geboortes in 1857 Kategorie:Sterftes in 1924