Hamburger SV (HSV) is 'n Duitse sportklub uit die stad Hamburg, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Behalwe sokker, het die klub onder meer afdelings vir yshokkie, tafeltennis, krieket, pluimbal, bofbal, basketbal, rolbal, gholf, gimnastiek, handbal, hokkie, karate, atletiek, rugby, swem, tennis en vlugbal. Die sokkerafdeling het reeds sedert 1919 onafgebroke op die hoogste vlak van die Duitse sokkerstruktuur gespeel.

Die klub se geskiedenis begin op 29 September 1887, toe Der Hohenfelder Sportclub en Wandsbek-Marienthaler Sportclub saamgesmelt het om Sports Club Germania te vorm. Hierdie klub het in 1919 met Hamburg FC (gestig in 1888) en FC Falke (gestig in 1906) saamgesmelt om die huidige Hamburger Sport-Verein te vorm, nadat al drie klubs deur die Eerste Wêreldoorlog verswak gelaat is. Die klubkleure was rooi en wit ter ere van die stad Hamburg, terwyl die blou en swart van die oudste van die stigtersklubs, SC Germania, as die spanwapen in gebruik geneem is.

Die "nuwe" klub was vroeg suksesvol toe die eindstryd om die nasionale titel in 1922 gehaal is teen 1. FC Neurenberg, wat in sy derde agtereenvolgende eindstryd gespeel het. Die wedstryd is as gevolg van swak lig na 3 uur en 10 minute afgelas met die telling 2-2. Die herontmoeting is na 'n lang tydperk van ekstra tyd (met die telling 1-1) ook afgelas nadat Neurenberg slegs 7 spelers oorgehad het (geen reserwes is destyds toegelaat nie). Die besluit van die skeidsregter het tot groot omstredenheid gelei: Die DFB het die titel aan Hamburger SV toegeken, maar 'n beroep op hulle gedoen om in die naam van 'n goeie sportmangees nie die titel te aanvaar nie - waartoe hulle teësinnig ingestem het. Die Viktoriatrofee is op die ou end nie in 1922 toegeken nie. Die klub het die "amptelike" titel die volgende seisoen die eerste keer gewen deur 3:0 met SC Union Oberschöneweide in die eindstryd af te reken.

Tydens die Derde Ryk is die klub in die Gauliga Nordmark ingedeel en na die Tweede Wêreldoorlog in die Oberliga Noord. Hamburger SV was tot 2018 die enigste klub wat sedert die oprigting (in 1963) onafgebroke in die Bundesliga gespeel het. Die 17de plek aan die einde van die 2017/18-seisoen het die eerste relegasie tot gevolg gehad.

Erelys Duitse sokkerkampioen (7) 1921/1922, 1922/1923, 1927/1928, 1959/1960, 1978/1979, 1981/1982, 1982/1983 DFB-Pokal (3) 1963, 1976, 1987 Ligapokal (2) 1973, 2003 Europese beker I (1) 1983 Europese beker II (1) 1978 Intertoto-beker (1) 2005

Onlangse ligaposisionering 1963-64 (I) Bundesliga 6de 1964-65 (I) Bundesliga 11de 1965-66 (I) Bundesliga 9de 1966-67 (I) Bundesliga 14de 1967-68 (I) Bundesliga 13de 1968-69 (I) Bundesliga 6de 1969-70 (I) Bundesliga 6de 1970-71 (I) Bundesliga 5de 1971-72 (I) Bundesliga 10de 1972-73 (I) Bundesliga 14de 1973-74 (I) Bundesliga 12de 1974-75 (I) Bundesliga 4de 1975-76 (I) Bundesliga 2de 1976-77 (I) Bundesliga 6de 1977-78 (I) Bundesliga 10de 1978-79 (I) Bundesliga 1ste - Duitse kampioen 1979-80 (I) Bundesliga 2de 1980-81 (I) Bundesliga 2de 1981-82 (I) Bundesliga 1ste - Duitse kampioen 1982-83 (I) Bundesliga 1ste - Duitse kampioen 1983-84 (I) Bundesliga 2de 1984-85 (I) Bundesliga 5de 1985-86 (I) Bundesliga 7de 1986-87 (I) Bundesliga 2de 1987-88 (I) Bundesliga 6de 1988-89 (I) Bundesliga 4de 1989-90 (I) Bundesliga 11de 1990-91 (I) Bundesliga 5de 1991-92 (I) Bundesliga 12de 1992-93 (I) Bundesliga 11de 1993-94 (I) Bundesliga 12de 1994-95 (I) Bundesliga 13de 1995-96 (I) Bundesliga 5de 1996-97 (I) Bundesliga 13de 1997-98 (I) Bundesliga 9de 1998-99 (I) Bundesliga 7de 1999-00 (I) Bundesliga 3de 2000-01 (I) Bundesliga 13de 2001-02 (I) Bundesliga 11de 2002-03 (I) Bundesliga 4de 2003-04 (I) Bundesliga 8ste 2004-05 (I) Bundesliga 8ste 2005-06 (I) Bundesliga 3de 2006-07 (I) Bundesliga 7de 2007-08 (I) Bundesliga 4de 2008-09 (I) Bundesliga 5de 2009-10 (I) Bundesliga 7de 2010-11 (I) Bundesliga 8ste 2011-12 (I) Bundesliga 15de 2012-13 (I) Bundesliga 7de 2013-14 (I) Bundesliga 16de 2014-15 (I) Bundesliga 16de 2015-16 (I) Bundesliga 10de 2016-17 (I) Bundesliga 14de 2017-18 (I) Bundesliga 17de 2018-19 (II) 2. Bundesliga

Eksterne skakels Amptelike klubwerf The Abseits Guide to German Soccer

Kategorie:Duitse sokkerklubs Kategorie:Hamburg