Bredasdorp (IFA: brə'dɑ:sdɔrp) is ’n dorp in die suidelike Overbergstreek van die Wes-Kaap, Suid-Afrika, en vorm die ekonomiese hart van dié gebied. Dit is aan die noordelike kant van die Agulhasvlakte geleë, sowat 160 km suidoos van Kaapstad en 35 kilometer noord van Kaap Agulhas, die mees suidelike punt van Afrika. Jaarliks is die dorp gasheer vir die Voet van Afrika-marathon en die Agri Megaweek.

Geskiedenis duimnael|links|Bredasdorp se middedorp vanaf die begraafplaas gesien. Onder die bruggie in die beeld vloei die nie-standhoudende Droë/Oskamma-rivier In 1952 is daar naby Bredasdorp 'n grot opgegrawe wat Khoikhoi-kopbene, Neolitiese graafinstrumente, potskerwe en houtgereedskap bevat het. Tussen al hierdie rommel was daar ’n bykans ongeskonde stukkie touwerk wat bewys dat hierdie plek 350 jaar gelede bewoon was. Overberg Tapestry, Leslie Howard, 2004, bl.63

Om langs die kusgebied van Gordonsbaai deur Hangklip die Overbergse kus te bereik was bykans ’n onbegonne taak. Geen ossewaens kon oor die steil klipkranse kom nie. Die nedersetters kon die kusvlakte slegs vanuit die noorde bereik. Die Swellendamse plaasdistrik het in die vroeë 19de eeu ook meer suidwaarts uitgebrei en vanuit hierdie rigting het die burgers hulself in die Strandveld naby die hedendaagse Bredasdorp gevestig.

Daar was altyd ’n behoefte om ’n kerkgemeente te hê waar dienste bygewoon en die kinders gedoop kon word, want Swellendam was ver geleë. Om hierdie rede moes die Strandvelders besluit waar om ’n kerk te bou. Overberg Tapestry, Leslie Howard, 2004, bl. 28 –29

Bredasdorp is gestig deur die oprigting van die Nederduits Gereformeerde Kerk in op die plaas Langefontein. Die erwe is in 1838 verkoop. Die dorp is vernoem na Michiel van Breda, die eerste burgemeester van Kaapstad, 'n lid van die Kaapse Wetgewende Vergadering, wat ook bekend staan as die vader van die merinobedryf. Van Breda en Pieter Voltelyn van der Byl kon nie tot ’n vergelyk kom waar die kerk opgerig moes word nie; gevolglik is twee kerke op al twee dorpe, Bredasdorp en Napier, gestig.

Regering Bredasdorp val onder die Kaap Agulhas Plaaslike Munisipaliteit en is as die grootste dorp binne hierdie munisipaliteit in vier wyke verdeel. Die plaaslike munisipaliteit vorm weer deel van die Overberg-distriksmunisipaliteit; Bredasdorp is ook die plek waar albei munisipaliteite se hoofkwartiere geleë is en bestuur word.

Wapens Munisipaliteit (1) — Bredasdorp het vanaf 1917 tot 1996 sy eie munisipaliteit gehad. Die raad het ten tye van die eeufees in 1938 'n skynheraldiese "wapen" in gebruik geneem, wat 'n kaart van Suid-Afrika getoon het. Daarop was daar 'n ronde skyf belaai met 'n koringgerf, 'n ram, 'n bok en 'n proteablom. Bokant die skild was 'n vuurtoring. Suid-Afrikaanse Spoorwee en -Hawens (1941). Bredasdorp and its District.

Munisipaliteit (2) — 'n Behoorlike wapen is in 1966 ontwerp en deur die provinsiale administrateur aan die raad verleen : Kepersgewys verdeel van blou en goud, in die skildhoof 'n koringgerf en 'n merinoramkop van goud, in die skildvoet 'n proteablom gestengel en geblaar van natuurlike kleur Die helmteken was 'n vuurtoring; die skildhouers was twee bontebokke; en die wapenspreuk was "Lux in tenebris". Kaap die Goeie Hoop Offisiële Koerant 3360 (12 Augustus 1966). Die wapen is in 1969 by die Buro vir Heraldiek geregistreer. National Archives of South Africa : Data of the Bureau of Heraldry .

Afdelingsraad — Bredasdorp se afdelingsraad (d.w.s die plaaslike owerheid vir die landelike gebiede buite die dorpsgrense) het in 1967 'n wapenverlening van die administreur verkry : In blou, keper van goud, in die skildhoof vergesel van twee koringgerwe van goud en in die skildvoet van 'n aansiende merinoramkop van natuurlike kleur en 'n goue skildhoof belaai met drie Bredasdorpse lelieblomme van natuurlike kleur. Die helmteken was 'n vuurtoring en die wapenspreuk was "In concilio concilium". Kaap die Goeie Hoop Offisiële Koerant 3419 (1 September 1967). Dit is ook in 1969 by die Buro vir Heraldiek geregistreer. Schalk Pienaar het die wapen ontwerp.

Geografie duimnael|Kaart van die Overbergstreek met Bredasdorp noord van Kaap Agulhas duimnael|Kerkstraat in Bredasdorp duimnael|’n Ruwe, veralgemeende vryhandskets oor Bredasdorp se dwarsprofiel, vanaf die selfoontoringspits tot by die begraafplaas. Nie op skaal nie. Bredasdorp is tussen 40 en 120 meter bo seevlak onder die hange van Heuningberg (met ’n spits van 365 m bo seevlak) geleë. Daar is geen standhoudende riviere wat deur die dorp self loop nie, hoewel die Karsrivier ’n paar kilometer oos daarvandaan verbyvloei. Tog ontspring verskeie nie-standhoudende spruite vanuit die klowe van Heuningberg, waarvan die vernaamste die Droë/Oskammarivier is wat aan die noorde onderdeur die R316 (oftewel die Napierpad) al langs die bloekombosse en benede die dorp se begraafplaas uitmond. Die kanaal wat verby Kloofstraat en Fletcherstraat afloop was aanvanklik so gespoel uit die massas water van die Drinkwaterkloof wat bokant Plantasiestraat tydens die vloed op 11 Oktober 1948 ontspring het. Die vloed op 11 April 2005 het veroorsaak dat beide die Oskamma- en Drinkwaterkloofspruit se vloedwater afgekom en saam by die nuwer nywerheids- en lae-inkomstebehuisingsgebied ingestroom het. Daarby het Diepkloof, aan die suide van Bredasdorp, se vloedwater na die gholfbaan gestroom. Niemand in Bredasdorp het omgekom nie.

Bredasdorp het oor die algemeen ’n Mediterreense klimaat wat regdeur die Wes-Kaap verspreid is. Sy nabyheid aan die see, wat minder as 25 kilometer ver van Waenhuiskrans is, maak die temperature meer gematig. Bredasdorp is grotendeels deur landbougebied omring, wat hoofsaaklik vir graan, bees- en skaapboerdery geskik is, terwyl inheemse fynbossoorte aan die suidwestelike deel in die Heuningberg-Natuurreservaat beskerm word.

+Reënvalsyfers 2009–2011 (mm) Jaar/Maand Januarie Februarie Maart April Mei Junie Julie Augustus September Oktober November Desember Totaal 2011 5 30,5 5,5 22,6 71,5 30 65,1 52 8 12 — — 302,2 2010 2 33,5 12 20,5 35 74 42,5 16,5 16 43,5 18,5 29,6 343,6 2009 31,2 13,5 11 28,5 25 78 45 32 42,5 77 15,5 6 405,2

Hoewel Bredasdorp gereeld onder skielike vloedreën deurloop, gaan dit ook dikwels gebuk onder droogtetydperke. In 2010 het die Kaap Agulhas Munisipaliteit kragtens Afdeling 184 van die Munisipale Ordonnansie 20 van 1974, asook Standaard Waterverordening Artikel 46, waterbeperkings in Bredasdorp en Waenhuiskrans verleng weens beperkte waterbronne. Die besproeiing van tuine mag slegs Maandae, Woensdae en Vrydae vir persele met gelyke straatnommers en Dinsdae, Donderdae en Saterdae vir persele met ongelyke straatnommers tussen 7 nm. en 8 nm. plaasgevind het. Motoropritte of geplaveide areas is verbied om afgespuit te word. Sportvelde, woonwaparke, koshuisgronde ens. mag slegs op Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 8 vm. en 11 vm. besproei geword het. Aan die einde van September 2011 is die waterbeperkings gedeeltelik opgehef toe die watervlak van die Sanddriftdam die 80%-merk verbygesteek het: huishoudings word verbied om tussen 8 vm. en 6 nm. hul tuine nat te lei. Enige persoon wat die waterbeperkings oortree is aan ’n misdryf skuldig en kan met R500,00 per oortreding beboet word.

Bevolkingsamestelling Ná die Sensusopname van 1865, onder Victoriaanse bewind, was die bevolking 4 169 in die "Bredasdorp Area", wat ook Napier en omliggende streke ingesluit het. In Bredasdorp self was daar 831 mense opgeteken, waaronder 427 manlik (51,38%) en 404 vroulik (48,62%) was. Uit hierdie 831 mense was 429 "European" (51,6%), 379 "Hottentot" (45,6%), 7 swart (0.84%) en 16 "other" (1,92%). Oor laasgenoemde word daar nie uitgebrei nie. Suidernuus, 4 November 2011, bl. 7, Sensus geen nuutjie nie!, Ora Laubscher

In die volkstelling van 2001 was die bevolking van Bredasdorp sowat 12 749 mense wat in 3 558 huishoudings woonagtig was.

Hieruit was 6 685 vroue (52,44%) en 6 064 mans (47,56%).

8 697 van die mense het hulself as bruin mense identifiseer (68,22%), 3 263 as "wit" (25,59%), 756 as "swart" (5,93%) en 33 as Indiër of Asiër (0,26%)

Die drie hooftale is Afrikaans, Xhosa en Engels: 11 682 (92%) het Afrikaans as hul moedertaal gepraat, 663 (5%) het Xhosa gepraat en 374 (3%) Engels.

Ekonomie duimnael|The Pavilion Mall by die kruising van Sealy- en Langstraat (2011) duimnael|The Pavilion Mall (2020) met sonpanele by die parkeerplekke. Behalwe sy veeboerdery spog die dorp ook met ander landboubedrywighede, soos koring, kanola, melk en fynbosverbouing. Die kantore van Kapula Candles is ook in Bredasdorp gesetel, wat handgeverfde kerse na Europa en die Verenigde State van Amerika uitvoer. In die 1980’s het die Apartheidsregering dit goedgedink om streekontwikkeling van stapel te stuur binne hierdie gebied. Op hierdie wyse is sowel die Toets-, Vlieg- en Ontwikkelingsentrum (TVOS, ’n filiaal van die Suid-Afrikaanse Lugmag) en Overberg Toetsbaan (destyds ’n filiaal van Krygkor, maar vandag Denel) naby Waenhuiskrans op die been gebring. Die behuising is op Bredasdorp aangebou vir die werknemers.

Op die sakegebied het die Overberg Sentrum se deure in 2003 oopgemaak, terwyl die Pavilion Mall sy eerste verjaarsdag op 15 en 16 Julie 2011 gevier het. Suidernuus, 8 Julie 2011, bl. 7, reklame Laasgenoemde se tweede uitbreiding is in 2017 voltooi. Die kleinhandelsentrum Pavilion Mall (11 310 m²), behorende aan die Noble Property Group, het, te danke aan sy aansienlike dakruimte en genoeg staanplek, 2 919 sonpanele sedert Juniemaand 2019 laat installeer. Benewens die dakruimte is ook spesiale motorafdakke hiervoor aangebou. Die netwerk lewer 'n beoogde kapasiteit van 750 kVA en beskik oor 9 omsetters (wisselrigters). Die verwydering van die ficusbome, wat 'n paar jaar tevore aangeplant is, het party klante ontstel.Suidernuus. 2019. Pavilion Mall gaan groen. 21 Junie:4Laubscher, O. 2019. Bredasdorp besig om grasgroen te word. Suidernuus, 23 Augustus:3.

Infrastruktuur Die R319-streeksroete, wat die N2-nasionale pad met Struisbaai verbind, gaan deur die dorp. Die R316-streeksroete, wat Caledon met Arniston vebind, gaan noordwes/suidoos deur die dorp en kruis die R319 binne in die dorp. Net noord buite die dorp tak die R317-streeksroete van die R316 af; die pad verbind Bredasdorp met Robertson.South Africa Road Atlas, Mapstudio.

Omliggende dorpe Waenhuiskrans, 24 km L'Agulhas, 34 km (mees suidelike nedersetting in Afrika) Napier, 14 km Caledon, 74 km Swellendam, 69 km

Plekke van aanbidding duimnael|links|Die VG kerk op Bredasdorp duimnael|Die NG kerk op Bredasdorp, die kern waarom Bredasdorp ontwikkel het duimnael|links|Bredasdorp se NG kerk In verhouding tot die hoeveelheid mense het Bredasdorp 'n hele paar kerke. Met huiskerke uitgesluit, is die volgende gemeentes hier gevestig:

Anglikaanse Kerk Apostoliese Geloofsending Kerk BetaniePinkster in Bredasdorp Bet-el Kerk Bredasdorp Interdenominational Church Die Ou Apostoliese Kerk van Afrika Elohim Apostolic Church Ministries of South Africa Evangelies Gereformeerde Kerk Gereformeerde Kerk Nederduitsch Hervormde Kerk Morawiese Kerk Metropolitan Evangeliese Kerk Nederduitse Gereformeerde Kerk Nuwe Apostoliese Kerk Overberg Christen Sentrum Rooms-Katolieke Kerk Sewende Dag Adventiste Kerk Verenigende Gereformeerde Kerk

Kultuur duimnael|Bredasdorp se Eeufeesmonument (1838–1938) voor die dorpsbiblioteek duimnael|Die Skeepswrakmuseum in Independentstraat duimnael|Die Independentkerk (regs) stal onder meer kanonne, boegbeelde, porseleinware, eksotiese muntstukke, skeepsklokke, boeie, ongeskonde gehalte skeepvaartinstrumente en ’n ou duikerspak uit duimnael|In die ouer deel van Bredasdorp is die nalatenskap van Kaap-Victoriaanse geboue nog duidelik sigbaar duimnael|Die ou Anglikaanse Pastorie is in 'n huismuseum omskep wat ryklik volgens die Victoriaanse tydperk gemeubeleer is duimnael|'n Voet van Afrika-lamppaalbanier heet besoekers welkom duimnael|