Pieter Lambertus Kooij (4 September 1937, Germiston — 20 September 2018) was 'n Suid-Afrikaanse pianis en musiekonderwyser en -resensent. Sy ouers was Johan en Elizabeth. Hy het 'n B.Mus (Hons) graad aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi en is daarna met 'n beurs na Duitsland waar hy vir 3 jaar klavier studeer het.

Hy was musiekresensent by Die Burger en die Pieter Kooij-musiekkompetisie is na hom vernoem.

Hy sterf op 20 September 2018 in die ouderdom van 81 aan leukemie en word oorleef deur drie susters. Sy twee broers het hom reeds ontval.

Bronne

Kategorie:Suid-Afrikaanse pianiste Kategorie:Afrikaners Kategorie:Geboortes in 1937 Kategorie:Sterftes in 2018