WarskouWarszawa 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land  Woiwodskap 20px Masowië Koördinate  Stigting (eerste verwysing) 1281/1321 Stadstatus 1334 Oppervlakte:    - Totaal 517,24 vk km  Hoogte bo seevlak 78–116 m Bevolking:    - Totaal (31 Desember 2021) 1 795 569  - Bevolkingsdigtheid 3 460/vk km  - Metropolitaanse gebied 3 100 844  Tydsone UTC +1 (MET)  - Somertyd UTC +2 (MEST) Klimaat    - Tipe Kontinentaal-gematig  - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 8,0 °C  - Gem. temp. Januarie/Julie -2,4 / 19,1 °C  - Gemiddelde jaarlikse neerslae 555 mm Stadspresident Rafał Trzaskowski (PO) Amptelike webwerf warszawa.pl

Warskou (Pools: Warszawa, [varˈʂava], ), amptelik die Hoofstad Warskou (miasto stołeczne Warszawa, [ˈmjastɔ stɔˈwɛt͡ʂnɛ varˈʂava], ), is die hoofstad van die Republiek Pole en die administratiewe sentrum van die woiwodskap Mazowieckie (Masowië). Dit is ook die grootste stad van Pole met 'n bevolking van 1,76 miljoen in die stad self en sowat 3,1 miljoen in die metropolitaanse gebied. Warskou is die sewende grootste stad in die Europese Unie.

duimnael|links|Warskou, soos gesien vanuit die Paleis van Kultuur en Wetenskap se uitsigplatform. Die Poolse hoofstad se argitektuur word oorheers deur 'n verskeidenheid skakerings van grys wat net voor sononder in sagte lig getooi word duimnael|links|Varso Place (links), ontwerp deur die Britse argitektepraktyk Foster + Partners in opdrag van die Slowaakse belegger HB Reavis Poland is sedert sy voltooiing in 2021 met 310 m die hoogste wolkekrabber in die Europese Unie duimnael|links|Net soos in ander wêreldmetropole het luukse woonstelle in skraal residensiële toringgeboue gewild geraak: Cosmopolitan Twarda 2/4 in die middestad Warskou is aan die Vistula- (Wisła-)rivier geleë en tans een van die belangrikste ekonomiese, kulturele en politieke sentra in Sentraal- en Oos-Europa. Die stad is die setel van 'n Rooms-Katolieke aartsbiskop, beskik oor talle universiteite, die Poolse Akademie van Wetenskappe, 'n operahuis, teaters, musea, biblioteke en monumente. Die historiese stadskern van Warskou is in 1980 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys. Die belangrikste argitektoniese besienswaardighede sluit die Kasteelplein met die koninklike kasteel en die Sigismund-monument, die Sint-Johannes-katedraal, die Jesuïetekerk en die markplein in die historiese stadsentrum met sy geboue in die Renaissance- en Barokstyl in.

Warskou se ekonomie word deur 'n wye verskeidenheid nywerhede gekenmerk, waaronder voertuigvervaardiging, metaalverwerking, staalvervaardiging, presisiewerktuie en elektroniese toerusting, tekstiel-, papier-, leer- en voedselverwerking. Die stad is 'n beduidende sentrum van die Poolse mediabedryf, en talle uitgewerye is hier gesetel. Die Warskouse effektebeurs is die belangrikste in die land. Toerisme is een van die toonaangewende bedrywe in die dienstesektor. As die belangrikste Poolse vervoersentrum beskik Warskou oor twee internasionale lughawens.

Die eerste historiese verwysing na Warskou dateer uit die jaar 1313, tog het aanvanklik Krakow (Pools: Kraków) as Poolse hoofstad gefungeer. Eers in die 16de en 17de eeu het die Poolse monarge begin om die land vanuit Warskou te regeer – dit was koning Sigismund III wat Warskou in 1596 tot hoofstad van die Koninkryk Pole verhef het, terwyl Krakow se funksie vervolgens tot kroningstad van Poolse monarge beperk was.

Ná die Derde Poolse Deling is Warskou in 1795 by Pruise ingelyf. Franse troepe het die stad in 1806 beset, en Warskou het as hoofstad van die Hertogdom Warskou, wat deur Napoleon Bonaparte geskep is, weer 'n administratiewe funksie vervul. Volgens 'n besluit van die Kongres van Wene het Warskou in 1815 die hoofstad van die sogenaamde Kongrespole geword. Die Koninkryk Pole het destyds 'n personele unie met Rusland gevorm.

Die inwoners van Warskou het in 1830/1831 en 1863/1864 in opstand teen die Russiese bewind gekom. Nadat die stad tydens die Eerste Wêreldoorlog tussen 1915 en 1918 deur Duitse troepe beset is, het dit eers in 1918 weer die hoofstad van die onafhanklike Republiek Pole geword. In 1939 is Warskou ná die Duitse inval beset. Die besettingsbewind het in April en Mei 1943 aanleiding gegee tot die opstand in die Warskou-ghetto en tussen Augustus en Oktober 1944 tot 'n algemene opstand. As gevolg van die oorlogshandelinge is groot dele van Warskou, na raming meer as tagtig persent van die stadsgebied, insluitende die historiese middestad en die meeste van sy historiese of andersins belangrike geboue, vernietig. Die helfte van die vooroorlogse bevolking, onder wie die oorgrote meerderheid van sy Joodse bevolking, het nie die Duitse besetting en die gevegte tussen die Duitse Weermag en die Rooi Leër in die laaste fase van die oorlog oorleef nie.

In Mei 1945 het net 'n tiende van die oorspronklike bevolking die ruïnestad en kwartiere, wat nie deur oorlogsdade vernietig is nie, bewoon. Die heropbou van Warskou, dikwels volgens historiese skilderye en ander dokumentasie van die vooroorlogse argitektuur, was 'n ongekende uitdaging. Nogtans het Warskouers daarin geslaag om hul stad tussen 1945 en 1963 oorwegend volgens die historiese boustyle te herbou. Die heropbou is gekoördineer deur 'n spesiale komitee waarin argitekte en stadsbeplanners saamgespan het.

In administratiewe opsig word Warskou in 18 stadsdistrikte (Dzielnice Warszawy) verdeel, waarby Śródmieście (Pools: "Stadsentrum") die binnestad behels. Sowat 'n kwart van die stadsgebied word deur parke en ander "groen ruimtes" beslaan.

Etimologie duimnael|upright|Standbeeld van Wars en Sawa in Warskou Warskou se Poolse stadsnaam is Warszawa. Van die ander vorige spellings van die naam was moontlik: Warszewa, Warszowa, Worszewa of Werszewa. Samuel Bogumił Linde, Slownik jẹzyka polskiego (1808) Julian Weinberg, Polacy w Rodzinie Sławian (1878) Die presiese oorsprong en betekenis van die stadsnaam is onduidelik en nie volledig bepaal nie. Oorspronklik was Warszawa die naam van 'n klein vissersdorpie aan die oewer van die Vistularivier. Volgens een teorie beteken Warszawa "behoort aan Warsz" en Warsz is 'n verkorte vorm van die manlike Oudpoolse naam Warcisław wat etimologies verwant is aan Wrocław. Die agtervoegsel -awa is egter ongewoon vir 'n groot stad; die name van Poolse stede wat van persoonsname afgelei is, eindig gewoonlik op -ów/owo/ew/ewo (byvoorbeeld Piotrków, Adamów).

Volksetimologie verbind die stadsnaam aan Wars en Sawa. Daar is verskillende weergawes van die legende waarin hulle verskyn. Volgens een weergawe was Sawa 'n meermin wat in die Vistula geleef en op wie die visser Wars verlief geraak het. Die volledige amptelike stadsnaam is miasto stołeczne Warszawa ("die hoofstad Warskou").

'n Boorling of inwoner van Warskou word in Pools warszawiak, warszawianin (manlik), warszawianka (vroulik), warszawiacy en warszawianie (meervoud) genoem.

Klimaat duimnael|'n Wintertoneel in die stadsdeel Czerniaków duimnael|Mis hang op 'n koue Novemberdag oor die Skaryszew-park duimnael|'n Sogenaamde "watertrem"-veerboot vaar verby die PGE Narodowy-stadion en die Poniatówka-rivierstrand langs die Wisła-rivier Warskou is in die oorgangsgebied tussen die see- en vastelandse klimaatsone van Europa geleë. Die jaarlikse temperatuurgemiddeld is 8 °C, met gemiddeldes van -3 °C in Januarie en 19 °C in Julie. Temperature varieer grootliks in die lentemaande, gewoonlik tussen 0 en 16 °C. Reënbuie kom gereeld voor. Vanaf Mei tree warmer weer in en somers is dikwels warm, met uiterstes van meer as 30 °C.

Herfsmaande is dikwels matig warm en nat, met 'n gemiddelde temperatuur van sowat 10 °C in September. Die winters kan koel of selfs koud wees, met temperature benede vriespunt. Mis kom gereeld voor, asook sneeuvalle.

In die algemeen het die Poolse hoofstad buite die lente- en herfsmaande 'n droë klimaat waarby die jaarlikse reënval meestal 550 mm nie oorskry nie. Dik sneeulae kom dikwels gedurende die wintermaande voor, en mere in parke bevries net soos die Vistula-rivier vinnig.

Bevolking

Geografie Ligging duimnael|Die 18 administratiewe distrikte (dzielnice) van Warskou. Die historiese middestad (Śródmieście) word in donkerrooi aangedui Die Warskouse stadsgebied is op sowat 100 m bo seevlak langs die middelloop van Pole se langste rivier, die Wisła (dikwels in die buiteland beter bekend onder sy Duitse naam Weichsel of die Engelse Vistula), in die sentrale Poolse vlakte geleë. Die stad en sy metropolitaanse gebied vorm as hoofstad ook rofweg die geografiese middelpunt van Pole – die Oossee in die noorde en die Karpate-bergreeks in die suide is beide sowat 350 km van Warskou af geleë.

Die historiese middestad het op 'n helling (Pools: skarpa) langs die Wisła-rivier ontstaan – 'n terrein met 'n maksimale hoogte van 35 m bo seevlak. Die eerste brug oor die rivier is in die 16de eeu gebou; sedertdien het die stadsgebied na die rivier se regteroewer met die stadsdeel Praga uitgebrei. Małgorzata Danecka, Thorsten Hoppe: Warschau entdecken. Rundgänge durch die polnische Hauptstadt. Berlin: Trescher 2008, bl. 14

Administratiewe verdeling In administratiewe opsig word Warskou in 18 stadsdistrikte (Dzielnice Warszawy) verdeel (11 teen die Wisła se linker- en sewe teen die regteroewer), waarby Śródmieście (Pools: "Stadsentrum") die binnestad behels. Sowat 'n kwart van die stadsgebied word deur parke en ander "groen ruimtes" beslaan.

Geskiedenis Vroeë en Middeleeuse geskiedenis duimnael|Die Kasteelplein met die koninklike kasteel en die Sint-Johannes-katedraal Sommige legendes beweer dat die stadsnaam Warszawa van 'n visserspaar, Wars en Sawa, afgelei is – maar waarskynlik was dit eerder Warsz, die eienaar van die eerste stuk landbougrond langs die Vistula. Tomasz Torbus: Polen. Keulen: DuMont 2002, bl. 98

Alhoewel Warskou in 1965 amptelik sy 700-jaarfees gevier het, kon die presiese stigtingsdatum nog nie bepaal word nie. Die oudste spore van nedersettings in die hoofstadgebied dateer van omstreeks 1200 v.C., terwyl die eerste bekende nedersetting omstreeks 1000 v.C. in die tydperk van die Lausitz-beskawing gevestig is. Histories gedokumenteer is 'n kasteel wat in die 10de eeu in Stare Bródno opgerig is – 'n nedersetting aan die Wisła se regteroewer wat tans deel uitmaak van die stadsgebied.

Eerste historiese verwysings na 'n versterkte nedersetting suid van die huidige middestad, Jazdów, dateer uit 1262 – die jaar toe die Litause magte 'n vesting in sy sentrum aan die brand gesteek en die Masowiese hertog Ziemowit I vermoor het. Omstreeks 1300 het Warskou stadstatus ontvang, en in 1413 is die stad met destyds 5 000 inwoners tot die hoofstad van Masowië verhef – 'n funksie wat voorheen deur Płock vervul is. Die laaste Masowiese hertoë, Stanisław en Janusz, was maar 24 en 26 jaar oud toe hulle kinderloos gesterf het. Die gebied het vervolgens in 1526 'n besitting van die Poolse kroon geword.

Vroeë moderne tyd duimnael|Warskou. Olieskildery deur Bernardo Bellotto, genoem Canaletto die jongere, 1770. Die Venesiaanse skilder se werke was met hul presiese detail van onskatbare waarde vir die heropbou van Warskou ná die Tweede Wêreldoorlog Vanweë Warskou se sentrale ligging halfpad tussen Krakow en Vilnius was dit in die 16de eeu 'n geskikte gasheerstad van die Poolse Ryksdae, en sedert 1572 is ook die Poolse konings hier verkies. Handel en vervoer is vergemaklik met die bou van die eerste brug oor die Wisła tussen 1568 en 1573 – 'n projek wat aan die inisiatief van koning Sigismund (Zygmunt) II August te danke is. Maar eers toe die Poolse koningshof in 1596 weens 'n brand in die Wawel-kasteel, wat in die vorige jaar gewoed het, vanuit Krakow na Warskou verskuif is, het die stad 'n ongekende opswaai beleef. Tussen 1598 en 1619 het die koninklike slot ontstaan. Lede van die Poolse hoogadel, die sogenaamde magnate in wie se besit byna driekwart van die stadsgebied was, het indrukwekkende stadspaleise, herehuise, kloosters en kerke laat oprig.