Dimitri Diatchenko (11 April 1968 – ca. 23 April 2020) was 'n Amerikaanse akteur. Hy was bekend vir sy rolle in die rolprente Indiana Jones and the Kingdom of the Crystal Skull (2008), Get Smart (2008), en Chernobyl Diaries (2012). Weens sy Oekraïense en Russiese aksent het hy dikwels die rolle van Oekraïens- of Russiessprekende karakters vertolk - soos dié van die Oekraïense toergids Joeri in die grurolprent Chernobyl Diaries (2012).
Diatchenko is op 23 April 2020 dood in sy huis in Daytona Beach, Florida aangetref waar hy volgens familielede laat op 21 April of vroeg soggens op 22 April onverwags oorlede is.TMZ, 24 April 2020: 'Chernobyl Diaries' Star Dimitri Diatchenko Dead at 52. Besoek op 24 April 2020
Filmografie Rolprente 2008: Indiana Jones and the Kingdom of the Crystal Skull 2008: Get Smart 2012: Chernobyl Diaries 2013: Clubhouse
Televisiereekse 2013: Project: SERA Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Geboortes in 1968 Kategorie:Sterftes in 2020 Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 21ste eeu