Adam Dollard, sieur des Ormeaux (Dollard des Ormeaux; in sy doodsertifikaat word sy naam Daulat gespel, terwyl ook spellings soos Daulac voorkom) (23 Julie 1635 - 25 Mei 1660) was die kommandant van die fort in Ville-Marie (die huidige Montreal), Nieu-Frankryk. Hy het op die ouderdom van 22 jaar na Nieu-Frankryk gekom en is deur Maisonneuve in diens geneem.
In die lente van 1660 het hy saam met 16 metgeselle 'n klein fort naby die Long Sault-stroomversnellings teen 'n groot leër van die Irokesestam verdedig. Sowat 'n week later het hulle gesneuwel toe kruit in die fort ontplof het.The Canadian Encyclopedia: Adam Dollard des Ormeaux. Besoek op 25 Augustus 2020
19de eeuse geskiedkundiges het die slag tussen Irokese en Franse setlaars uitgebeeld as 'n godsdienstige en nasionalistiese heldedig waarin Rooms-Katolieke hulself opsetlik opgeoffer het om 'n aanval op die kolonie Nieu-Frankryk af te weer.The Canadian Encyclopedia. Year 2000 Edition. Toronto: McClelland & Stewart 1999, bl. 678 Adam Dollard word as een van die "helde van Nieu-Frankryk" vereer, aangesien sy weerstand moontlik 'n beplande Irokese aanval op die kolonie Nieu-Frankryk vertraag het. Dollard-Des Ormeaux, 'n stad in die metropolitaanse gebied van Montreal met 48 000 inwoners, is na Adam Dollard vernoem.The Canadian Encyclopedia (1999), bl. 678
Verwysings
Kategorie:Franse militariste Kategorie:Geskiedenis van Kanada Kategorie:Geboortes in 1635 Kategorie:Sterftes in 1660