duimnael|links|220px|Wilde gaurs by ’n soutlekplek.
Die Jomotsangkha-natuurlewereservaat (voorheen die Khaling-natuurlewereservaat) is die kleinste beskermde gebied in Bhoetan. Dit beslaan ’n gebied van 334,73 km2 in die distrik Samdrup Jongkhar aan die suidoosgrens. Sy hoogte wissel tussen 400 en 2 200 m.
Ondanks die klein gebied wat dit beslaan, is die reservaat ’n belangrike habitat vir olifante, gaurs en ander tropiese diere. Dit grens aan die Khaling-reservaat in die naburige Assam.
Verwysings
Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Beskermde gebiede van Bhoetan