Hierdie artikel handel oor Athlone, 'n voorstad van Kaapstad in Suid-Afrika. Vir die dorp in die Republiek van Ierland, sien Athlone, Ierland.

Athlone is een van die oudste voorstede van Kaapstad (provinsie Wes-Kaap, Suid-Afrika), op die Kaapse Vlakte en suid van die Nasionale Roete 2. Dit is vernoem na Alexander Cambridge, 1ste Graaf van Athlone en goewerneur-generaal van die Unie van Suid-Afrika in die tydperk tussen 1924 en 1930.

Twee van die bekendste bakens van Athlone is die Athlone-stadion en die torings van die ou Athlone-steenkoolkragsentrale, wat in 2010 gesloop is. Die voorstad is hoofsaaklik 'n woongebied, maar dit beskik ook oor 'n aantal nywerhede en sy eie gelyknamige spoorwegstasie.

Kategorie:Voorstede van Kaapstad