Andy Warhol (6 Augustus 1928 — 22 Februarie 1987) was 'n Amerikaanse kunstenaar, avant-garde rolprentmaker, skrywer, en sosiale figuur. Warhol het ook gewerk as 'n tydskrifuitgewer, musiekprodusent en akteur. Met sy agtergrond in die kommersiële kuns was Warhol een van die stigters van die Popkuns-beweging in die Verenigde State in die 1950's.

Warhol is veral bekend vir sy eenvoudige dog groter as lewensgroot, kleurkontrasterende skilderye (sifdrukwerke) van verbruikersitems, alledaagse voorwerpe soos Campbell se geblikte sop, papawerblomme en 'n piesang wat op die omslag van die musiekalbum The Velvet Underground and Nico (1967) verskyn het. Hy is ook bekend vir sy gestileerde portrette van twintigste eeuse ikone soos Marilyn Monroe, Elvis Presley, Jacqueline Kennedy Onassis, Brigitte Bardot en Elizabeth Taylor.

Begin Andy Warhol is as Andrew Warhola in Pittsburgh (VSA) gebore en is van Roetheense afkoms. Sy pa het in die steenkoolmyne in Pennsilvanië gewerk en die Bisantyns-Katolieke gesin het in die Oakland-buurt van Pittsburgh gewoon. Andy het twee broers gehad: John en Paul.

In Graad 3 het Warhol Chorea opgedoen, 'n aandoening van die senuweestelsel wat onwillekeurige bewegings van Warhol se ledemate veroorsaak het. Die siekte het 'n vlekkerigheid in die pigmentasie van sy vel veroorsaak en, as 'n kind, het Warhol ietwat aan ipekonders gely en 'n vrees vir hospitale en dokters ontwikkel. As gevolg van sy bedlêendheid, was hy nie baie gewild op skool nie en het hy 'n sterk band met sy moeder gevorm (Guiles, 1989). Terwyl hy in sy bed gelê het, het hy geteken, radio geluister en prentjies van rolprentsterre om sy bed versamel. Tydens 'n terugblik het Warhol hierdie periode beskryf as baie belangrik in die ontwikkeling van sy persoonlikheid en in die vorming van sy vaardighede en voorkeure.

Reeds vroeg in sy lewe blyk dit dat hy oor 'n besonderse tekentalent beskik. Hy bestudeer kommersiële kuns aan die "Carnegie Institute of Technology" (tans die Carnegie-Mellon Universiteit) in Pittsburgh. In 1949 verhuis hy na New York Stad, waar hy 'n suksesvolle loopbaan begin in die illustrering van tydskrifte en reklame. Hy word veral bekend vir sy inktekeninge van skoene gedoen in 'n los krapstyl. Hierdie tekeninge was ook deel van sy vroegste vertonings in New York by die Bodley Galery.

Die 1960's duimnael|230px|Warhol het bekendheid verwerf deur skilderye van massageproduseerde produkte soos hierdie Campbell's-sopblikkies.

Campbell's-logo en verpakkingsontwerp: ® CSC Brands LP. Alle regte voorbehou. Baie van Warhol se werk gaan oor die konsep van Amerikana en Amerikaanse kultuur. In die 1960's begin hy portrette van persoonlikhede soos Marilyn Monroe, Troy Donahue en Elizabeth Taylor verf. Hy begin ook in die tyd met die maak van skilderye op groot skaal van bekende Amerikaanse produkte soos Campbell's-sopblikkies en Coca-Cola-bottels. Sodoende maak hy kuns van alledaagse massaprodukte en maak vervolgens van kuns self 'n massaproduk.

Hy het populêre beelde en metodes gebruik om die Amerikaanse kulturele identiteit van die 20ste eeu te visualiseer. Hierdie populêre herdefinisie van Amerikaanse kultuur is 'n tema en gevolg van Warhol se kuns. Aangesien Amerikaanse kultuur internasionale invloed het, het Warhol se kuns ook internasionale invloed. "Wat puik is van ons land is dat Amerika die tradisie begin het waar die rykste verbruikers essensieel dieselfde items koop as die armstes. Jy kan televisie kyk en Coca-Cola sien, en jy weet dat die President Coke drink, Liz Taylor drink Coke, en dink net, jy kan ook Coke drink. 'n Coke is 'n Coke en geen bedrag geld kan vir jou 'n beter Coke laat kry as die een wat deur die boemelaar op die hoek gedrink word nie. Alle Cokes is dieselfde en al die Cokes is goed. Liz Taylor weet dit, die President weet dit, die boemelaar weet dit, en jy weet dit."Uit The Philosophy of Andy Warhol: (From A to B and Back Again). 1975, . Oorspronklike aanhaling: "What's great about this country is that America started the tradition where the richest consumers buy essentially the same things as the poorest. You can be watching TV and see Coca Cola, and you know that the President drinks Coca Cola, Liz Taylor drinks Coca Cola, and just think, you can drink Coca Cola, too. A coke is a coke and no amount of money can get you a better coke than the one the bum on the corner is drinking. All the cokes are the same and all the cokes are good. Liz Taylor knows it, the President knows it, the bum knows it, and you know it." The Philosophy of Andy Warhol: (From A to B and Back Again) Buite die kunswêreld is Warhol bekend vir die aanhaling, "In die toekoms sal almal bekend wees vir 15 minute." Hy het later aan joernaliste gesê, "My nuwe lyn is, 'In 15 minute, sal almal bekend wees.'"

Warhol stig ook die sogenaamde Fabriek ("Factory") geleë by Union Square in New York. Dit was 'n ateljee waarin hy onder andere honderde (ondergrondse) films maak. Die "Factory" ontwikkel tot 'n ontmoetingsplek vir 'n groot verskeidenheid kunstenaars, skrywers en musikante. Die oorspronklike "Factory" is gevestig in 'n ou hoedefabriek. Na 'n aantal jare verskuif Andy Warhol sy aanhangers na 'n ruimte aan die oorkant van die straat. In hierdie tweede "Factory" was nie alleen 'n ateljee gevestig nie, maar ook die redaksie van die deur Warhol gestigte blad Interview Magazine. Hy word gedurende die tydperk besonder bekend weens sy sifdrukwerk. Hy maak sifdrukwerke van onder andere Elvis Presley en beweer dat hy nie meer kuns uit massa-geproduseerde artikels wil skep nie, maar om kuns self in massa te produseer.

New York se Museum of Modern Art het 'n simposium vir popkuns gehou in Desember 1962, waartydens kunstenaars soos Warhol aangeval is omdat hulle "oorgegee" het aan die verbruikerskultuur. Die kritici was geskok deur Warhol se openlike aanvaarding van markkultuur. Die simposium het ook die toon aangegee vir Warhol se ontvangs deur die kunswêreld: deur die dekade het dit duidelik geword dat 'n diepsinnige verandering in die kultuur van die kunswêreld besig is om plaas te vind en dat Warhol in die middelpunt van hierdie verandering staan.

'n Beslissende gebeurtenis was die 1964-uitstalling, "The American Supermarket": 'n vertoning wat in Paul Bianchini se Upper East Side galery gehou was. Die uitstalling was vertoon as 'n tipiese klein supermarktoneel, behalwe dat alles binne-in die toneel - die varsprodukte, geblikte goedere, vleis, plakkate op die mure, ens. - deur ses prominente kunstenaars van daardie tyd geskep was, waaronder ook die omstrede Billy Apple, Mary Inmad en Robert Watts. Warhol se skildery van 'n blikkie van Cambell's-sop het $1500 gekos, terwyl elke blikkie met sy handtekening daarop vir $6 verkooop het. Die uitstalling was een van die eerste massagebeurtenisse wat die publiek direk gekonfronteer het met popkuns en die ewige vraag oor wat kuns eintlik is.

duimnael|225px|Billy Name, hier afgeneem in 2007, het nou met Warhol meegewerk tydens die 1960's. Tydens sy werk in die 1950's as 'n illustreerder vir advertensies, het Warhol assistente gebruik om sy produktiwiteit te verhoog. Alhoewel hierdie samewerking 'n kenmerkende (en omstrede) aspek van sy metodes deur sy loopbaan sou bly, was dit veral opmerklik in die 1960's. Een van Warhol se belangrikste medewerkers van hierdie periode was Gerard Malanga. Malanga het Warhol bygestaan in die produksie van sifdrukwerke, rolprente, beeldhouwerk en ander werke by die "Factory". Ander gereelde besoekers aan Warhol se "Factory" het Freddie Herko, Ondine, Ronald Tavel, Mary Woronov, Pietro Psaier, Billy Name en Brigid Berling in gesluit. Gedurende hierdie dekade het Warhol ook 'n aantal onkonvensionele aktrises touwys gemaak en aan hulle die titels "Supersterre" toegeken, waaronder Edie Sedgwick, Viva en Ultra Violet. Hierdie gereelde besoekers aan die Factory het ook aan Warhol se Factory-rolprente deelgeneem en sommige, soos Berlin, was tot Warhol se dood met hom bevriend. Belangrike figure in New York se ondergrondse rolprent- en kunswêreld (soos skrywer John Giorno en rolprentvervaardiger Jack Smith) het ook in Warhol se rolprente in die 1960's verskyn, wat bygedra het tot die groot verskeidenheid kunstonele waaraan Warhol in hierdie periode deelgeneem het. Teen die einde van die dekade was Warhol self beroemd en het hy dikwels in koerante en tydskrifte langs ander Factory-lede soos Sedgwick verskyn.

Warhol ontdek ook die latere invloedryke rock-groep The Velvet Underground en gaan saam met hulle op toer. Hy het ook die omslag vir hulle 1967-debuutalbum, The Velvet Underground and Nico, ontwerp.

Skietvoorval Op 3 Junie 1968 het Valerie Solanas die kunskritikus en kurator, Mario Amaya, en Warhol by sy studio geskiet.

Solanas het vroeër 'n groep genaamd die "Society for Cutting Up Men" (S.C.U.M.) gestig en die manifes van S.C.U.M geskryf, 'n radikale feministiese werk wat sedertdien 'n volgelingskap opgebou het, beide van diegene wat dit ernstig bejeën sowel as diegene wat dit snaaks vind. Solanas het in die 1968-rolprent, "I, A Man", verskyn. Vroeër op die dag van die aanval is Solanas die deur gewys nadat sy by die Factory opgedaag het, op soek na 'n draaiboek wat sy voorheen aan Warhol gegee het (die draaiboek was blykbaar verlê).Jobey, Liz. "Solanas and Son". The Guardian (Manchester, England) 24 Augustus 1996: bl. T10 en die daaropvolgende.

Warhol was in die bors geraak en het 'n ernstige wond opgedoen. Hy het die insident skaars oorleef: dokters het sy borskas oopgemaak en sy hart masseer om die hart se beweging te help stimuleer. Warhol is ernstig verwond in die aanval en het die fisiese gevolge daarvan vir die res van sy lewe ervaar aangesien hy 'n korset moes dra om hom te ondersteun. Die skietvoorval het ook 'n ingrypende invloed op Warhol se lewe en kuns gehad.Harding, James, "The Simplest Surrealist Act: Valerie Solanas and the (Re)Assertion of Avantgarde Priorities" TDR: The Drama Review, Volume 45, Nommer 4, Winter 2001, bl. 142-162.

Tydens die voorval was Solanas die enigste lid van S.C.U.M.. Sy is 'n dag na die aanval gearresteer en het haar aksies probeer verduidelik deur te sê "Hy het te veel beheer oor my lewe." Ná die voorval het die aktiwiteite by die Factory heelwat meer gekontroleerd geraak en vir baie het hierdie gebeurtenis 'n einde aan die "Factory 60's" gebring.Warhol, Andy and Pat Hacket, Popism: The Warhol Sixties (New York: Harvest Books, 1980), pp. 287-295.

Die 1970's duimnael|links|200px|Andy Warhol (links) en Tennessee Williams (regs) tydens 'n praatjie op S.S. France / World Journal Tribune. Warhol het gewoonlik gesosialiseer in Serendipity 3 en Studio 54, nagklubs in New York Stad. Hy is algemeen beskou as stil, skaam en as 'n uiters oplettende waarnemer. Meer as een persoon het grappenderwys na hom verwys as "death warmed over." Hy het egter ook 'n reputasie gehad vir 'n skerp tong en is as manipulerend beskryf. Warhol se uiteenlopende persoonlikhede het daartoe aanleiding gegee dat sy vriende hom die bynaam gee van Drella ('n kombinasie van Dracula en Cinderella).

Warhol het gereeld as vrywilliger uitgehelp by veilige huise vir haweloses in New York, veral gedurende die besiger tye van die jaar. Hy beskryf homself as 'n godsdienstige persoon, alhoewel hy nie deur die tradisionele godsdienstiges aanvaar word nie weens sy homoseksualiteit. Baie van sy latere werke bevat byna verskuilde godsdienstige temas of onderwerpe. Na sy dood is werke met godsdienstige temas tussen sy privaat dokumente gevind. Warhol het ook gedurende sy lewe gereeld die mis in die Rooms-Katolieke Kerk bygewoon.