Die Nasionale Park Jigme Dorji, wat na die eertydse koning Jigme Dorji Wangchuck genoem is, is die tweede grootste nasionale park van Bhoetan. Dit beslaan feitlik die hele distrik Gasa sowel as die noordelike dele van die distrikte Thimphu, Paro, Punakha en Wangdue Phodrang. Dit is in 1974 gevestig en strek oor ’n gebied van 4 316 km2, dus al drie klimaatsones van Bhoetan. Sowat 6 500 mense in 1 000 huishoudings woon in die park. Dit is op Bhoetan se lys van tentatiewe Unesco-insluitings as wêrelderfenisgebied.
Flora en fauna Die park is die tuiste van 37 bekende spesies soogdiere, insluitende verskeie bedreigde of kwesbare spesies soos die takin, sneeuluiperd, Bengaalse tier, swartmuskushert en rooipanda. Daar is ook meer as 300 spesies voëls.
Kulturele terreine Jigme Dorji bevat ’n paar terreine van kulturele en ekonomiese belang. Berg Jomolhari en Berg Jitchu Drake word beskou as die tuiste van die plaaslike godheid. Die forte Lingshi-dzong en Gasa-dzong is van historiese belang. Die Mo-, Wangdi Chhu- en Pa Chhu-rivier se oorsprong is in die park se gletsermere.
Verwysings
Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Beskermde gebiede van Bhoetan