duimnael|links|Die munisipale kantoor op Moorreesburg. Die dorp se munisipaliteit het in 2000 deel van die Swartland-munisipaliteit geword met sy hoofkantoor op Malmesbury. duimnael|links|Moorreesburg se vorige NG kerk is op 18 Desember 1895 ingewy maar later gesloop om plek te maak vir die huidige.
Moorreesburg is 'n dorp in die munisipaliteit Swartland, provinsie Wes-Kaap (Suid-Afrika). Dit is ongeveer halfpad tussen Piketberg en Malmesbury geleë. Die dorp is die ekonomiese sentrum van die omliggende landboustreek, waar veral koring en hawer verbou word. Moorreesburg beskik oor 'n aantal landboukundige geriewe soos koringmeule en graansilo's. Die plaaslike koringmuseum behandel die streek se hoofproduk.
Geskiedenis Moorreesburg is in 1890 as 'n kerkgemeente op die plaas Hooikraal gestig en genoem na ds. J.C. le Febre Moorrees, die vader van prof. Adriaan Moorrees. Ingevolge Wet 45 van 1882 het Moorreesburg op 21 April 1909 munisipale status verkry.South African Municipal Year Book, 1913, pp. 82-83. Met die nuwe munisipale herindeling van 2000 het dit deel van Swartland geword.
Die gedokumenteerde eienaars van Hooikraal Wat sekondêre bronne betref, heers daar onduidelikheid rondom die eerste gedokumenteerde eienaars van Hooikraal (die beginpunt van Moorreesburg), of wie selfs van die eerste boere rondom die huidige Moorreesburg was.
Dikwels tref mens aanvegbare stellings soos die volgende aan:Swartlandskou: Geskiedenis.
Dit is 'n vergissing van tweërlei aard.
In die eerste plek was daar geen plaas noord van Riebeek-Kasteel (die berg wat op 3 Februarie 1661 vernoem is na Jan van Riebeeck, deur 'n ekspedisie onder leiding van Pieter Cruythoff)Raper, P.E., Möller, L.A. & Du Plessis, L.T. 2020. Plekname in Suid-Afrika. Pretoria: Protea Uitgewers, bl. 629 selfs in 1712, die sterftejaar van Diepenauw nie.Sien ook Voetnota 4 in Dagboek van Adam Tas, bl. 34: Sara Wilhelmina Tas, suster van die skrywer, gebore te Amsterdam in 1670 - dus twee jaar jonger as haar broer Adam - het in 1691 met verlof van Here XVII na die Kaap geëmigreer en by haar oom Henning Husing, wat getroud was met hul tante aan moederskant, Maria Lindenhovius, in hul huis in Strandstraat gaan woon. (Vgl. C 503 Uitg. Br. 29 Junie 1691, bl. 114.) Na 'n sestienjarige verblyf in die huis van haar oom en tante is Sara Wilhelmina getroud met die 55-jarige wewenaar Claas Hendrik Diepenouw (volgens Hoge Claus Heinrich Diepenow), boer van die plaas ‘D'Eensaamheit’ by Klapmuts. Diepenouw is in 1712 oorlede en het sy weduwee goed bemiddeld agtergelaat. In 1714 het sy ‘D'Eensaamheit’ aan haar broer Adam Tas verkoop [...] Hier kan mens die kaart in Historical Atlas of South Africa van Eric A. Walker met aandag besigtig. Bygesê, die VOC was in 1712 egter bekend met 'n 'Brakke Fonteijn', in " 't Swarte Land", wat egter nie 'n plaas was nie, maar, gegewe Walker se kaart, slegs 'n waterpunt kon wees.Towards A New Age of Partnership (TANAP) DVD: 1701 Dagregister_transkripsie, Saterdag, 16 Julie 1712: "stellende haer cours na ’t Swarte Land tot bij de Brakke Fonteijn, alwaer gecomen wesende".
In die tweede plek, indien 1709 sou verwys na die aankoms van Klaas Hendrik Diepenauw aan die Kaap, dan is die datum eweneens verkeerd. ‘De Eensaamheijt’ (1693, aangedui op die kaart met 'Pg'), ‘De Mosselbank’ (1698, 'Tf') en die aangrensende stuk grond, ‘Klipheuvel’ (1704, 'Tg'), het hy reeds voor hierdie datum bekom.Walker, E.A. 1922. Historical atlas of South Africa. London: Oxford University Press, pp. 8-9.Sien ook Voetnota 159 in Dagboek van Adam Tas, bl. 112: 'Een van die welvarendste boere aan die Kaap, besitter van land gent. ‘Sonneblom onder de Wintberg’ en o.s. die plase ‘De Mosselbank’, ‘Klipheuvel’ en ‘De Eensaamheijt’. Sien Kaapse Grondbriewe, 18 September 1698, bl. 274; 26 September 1704, bl. 31 en 90-91 en Grondbriewe Stellenbosch en Drakenstein, bls. 340-346. (A.J.B.)] Vgl. ook voetnoot 4 van hierdie publikasie.' Volgens Walker se kartering lê D'Eensaamheijt in die Paarl-omgewing, en De Mosselbank en Klipheuvel lê langs die Mosselbankrivier, 'n rivier wat in die Dieprivier inloop. Dit is nietemin vandag steeds suid van Malmesbury. Buitendien is die wewenaar Diepenauw in 1707 getroud met Adam Tas se suster hier te lande, dus, voor die beweerde 1709.Sien ook Voetnota 273 in Dagboek van Adam Tas, bl. 184: 'Claas Diepenauw was op hierdie stadium waarskynlik wewenaar, want in 1707 is hy hertroud met Sara Wilhelmina Tas, suster van Adam Tas. Sy eerste vrou, met wie hy in 1677 getroud was, was Anna Schlecht, wed. van Jan Steens.'
Maar hoe is dit egter gesteld met Hooij Kraal, die beginpunt van Moorreesburg? Boerepioniers van die SandveldSmith, M.H.D. 1985. Boerepioniers van die Sandveld. Pretoria: Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing, bl. 143 bied die volgende:
Om dit nou patriliniêr voor te stel (die tersaaklike persone in vetdruk):Smith, M.H.D. 1985. Boerepioniers van die Sandveld. Pretoria: Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing, bl. 124, 128, 138
a1. Johann (Jan) Kotzé (stamvader), gebore op 25 Januarie 1652 in Königstein in Sakse, Duitsland; oorlede ongeveer 1713; getroud (derde huwelik) op 1 Februarie 1966 met Hildegonda Boone, 'n dogter van ds. Dirk Boone en sy eggenote Belletje van Gaalen, 'n suster van admiraal Van Gaalen. Die egpaar kom op 13 Mei 1691 in die Kaap aan, die Kotzes vestig hul in Drakenstein; Jan word pagter van "vaderlandsche en uijtheemse bieren".
(a1)b2 Dirk = gedoop te Drakenstein op 28 Augustus 1692 (uit 3de huwelik), getroud op 13 Januarie 1726 met Maria Magdalena Carstens
(a1b2)c2 Dirk Jacobus gedoop 31 Oktober 1728, getroud op 28 Oktober 1753 met Martha van Schalkwyk
(a1b2c2)d1 Dirk gedoop 20 September 1754, getroud op 8 April 1779 met Elizabeth Smith
(a1b2c2)d3 Johannes Christiaan, gedoop 30 September 1758, oorlede 9 Oktober 1836; eerste huwelik op 18 Augustus 1782 getroud met Sara Visser; in sy tweede huwelik getroud op 11 April 1802 met Maria Magdalena Wagenaar.
Die vraag ontstaan egter, hoe kan grond aan iemand "behoort" as dit 'n leningsplaas was? Want volgens Truter het die dorp rondom die plaas Hooikraal ontwikkel wat in 1839 deur goewerneur sir George Napier aan ene Tobias Lochner 'gegee' is.
J.J. Lochner skryf weer in die eeufeesgedenkboek van die NG Gemeente, Moorreesburg 3-12-1879 tot 3-12-1979, die volgende, op bl. 1:
Spoorwegontwikkeling
Sonder die spoorwegontwikkeling sou Moorreesburg nooit ontwikkel het nie. Die volgende chronologie bied 'n kykie na die agtergrond waarteen die spoorlyn geleidelik ontwikkel het en Moorreesburg daarby betrek het.
1857: Wet Nr. 20 van 1857 - "An Act for the Construction of a Railway from Cape Town to Wellington" - word bekragtig. Railway Amendment Act. In: Statutes of the Cape of Good Hope, Passed by the ... Parliament. Volume 2. 1871.
In The Cape Monthly Magazine verskyn die artikel "The Cape Flats and how they may be improved" waarin daar sprake is van 'n spoorlyn wat moontlik sal strek vanaf Kaapstad na Wynberg, met 'n vertakking na Muisenberg; vanaf Wynberg na Stellenbosch, die Paarl, Wellington, die Wagenmakersvallei, en dan al langs die Bergrivier. Die spoor kan so ver strek as die Koue Bokkeveld, Tulbagh, Piquetberg, Clanwilliam, die Olifantsrivier aan die een kant en die Zwartland aan die ander, maar dit is nog toekomsmusiek. Die doel is om die mark (Kaapstad) binne 3 dae te bereik, duiselingwekkend vergeleke met die 6 tot 12 dae tans met die klipperige wapad. Verdere vertakkinge sal dan die onderskeie wingerd- en koringstreke bedien, onder andere die distrikte Zwartland en Piquetberg, soos reeds genoem. Dit behoort nie minder as 200 spoormyl lank te wees nie. Vir die dwarslêers (14 x 7 duim) alleen word die aantal bome bereken op 42 533 (dit is nou sonder om die aanbou van brûe, tonnels, keerwalle en viadukte in te reken). Aangesien baie bome ongeskik sal wees, moet die getal liewer op 83 799 volgroeide bome van 30 voet (9,14 meter) geraam word. Die dwarslêers sal ook weens die dorre klimaat elke 15 jaar vervang moet word, veral tussen die Kaapse Vlakte en daar in die Bergriviervallei, wat 'n verdere 60 000 bome sou benodig. Die byle sal maar net moes omkom. Invoere uit Engeland word onnodig beskou - eerder word daar nou in die rigting van die stinkhoutryke George gekyk vir antwoorde, wat 3 sjiellings per kubieke voet hout vra (in Kaapstad kos dit meer as dubbeld soveel, weens transport per wa).J.S.H. 1857. The Cape Flats and how they may be improved. The Cape Monthly Magazine, pp. 358-360.
1859: Die sooispitseremonie van die Wellington-spoor vind plaas op 31 Maart, met die goewerneur sir George Grey wat die siergrafie vashou.The Engineer's Journal, Railway. 1859. Miscellaneous. August 3: p. 272
1860: Die eerste trein (van 'n privaatfirma) loop vanaf Durban tot by die skeepswerf van Port Natal - die spoorlyn is maar 2 myl lank.Engineering. 1893. The Development of the South African Railways. September 1: 265.
1862: Die eerste spoorlyn word vanaf Kaapstad na Wellington gebou.Richter, G. 2010. Uitbreiding van koringproduksie (1862-1920). In: Geskiedenis van die Koringbedryf, vanaf Tafelvallei tot die Rooi-Karoo (1652-2009). Stellenbosch: African SUN Media, bl. 31 Blykbaar is die Paarl die volgende. Die dorpe wat die meeste probeer druk om die volgende spoor te kry is Worcester, Tulbagh en Malmesbury. Teen Julie is die eerste ondersoek na Worcester en Malmesbury ook sommer klaar.Report of the Select Committee on the Worcester, Malmesbury and Port Elizabeth Railway Bills. Maar besware in Stellenbosch, Wellington, Worcester en Tulbagh gaan ook reeds op teen die Sondagstreine wat loop (teen Godsgebod), al sê die goewerneur dit is 'n saak wat liewer met die aandeelhouers in Engeland uitgeklaar moet word: sy hande is afgekap. Hoe dan ook, die treine vervoer buitendien geen goedere of briewe op 'n Sondag nie, en diegene wat op die trein klim is in elk geval diegene wat hul tyd elders wil deurbring as in die kerke.DE GOEDE HOOP.. "Dagblad van Zuidholland en 's Gravenhage". 's-Gravenhage, 03-06-1862, p. 2. Geraadpleegd op Delpher op 25-02-2025
Oktober 1863: Die eerste trein met drie passasierswaens (eersteklas, tweedeklas, derdeklas) kom in Wellington aan.
1863: 'n Vergadering word deur die leraar ds. J.C. le Fèbre Moorrees en 'n paar boere belê; omdat die parogie geweldig groot is wat Moorrees moet bedien, word daar besluit om 'n kerkie op die plaas Hooikraal te bou, as buitekerkie van die Zwartland-gemeente (d.w.s. wat deur die kerk van Malmesbury bedien word).
In September 1864 is met die bouwerk van die spoorlyn deur Tulbaghkloof begin om Wellington met Worcester te verbind.
Sondag, 4 Desember 1864: Die Hooikraalskerkie word ingewy deur ds. Moorrees. Dit is maar 'n eenvoudige saaltjie met 'n rietdak en misvloer.Walters, M.M. 1990. Die Swartland is my Tuisland: 'n nostalgiese reis deur M.M. Walters. Kaapstad: Perskor. bl. 31
April 1875: Mr. Statter voltooi die tweede opmetings van die voorgestelde spoorlyn na Malmesbury. Minutes of Proceedings of the Institution of Civil Engineers 1881. James Samuel Statter. Volume 65, p. 368. Al het 'n Wet in 1861 die Cape Town & Wellington Railway Company in staat gestel om 'n spoor te lê tot by Worcester en daarna die spoorlyn na Malmesbury te verleng, en al is die opmetings reeds teen 1862 voltooi, het hierdie maatskappy so te sê niks gedoen buiten die Tulbagh Kloof bietjie groter oop te kloof nie.