Die Mandinka of Malinke (letterlik: "Mense van Mali") is 'n etniese groep inheems aan Wes-Afrika wat Mandinka as moedertaal praat. Hulle leef veral in die vier lande Burkina Faso, Guinee, Ivoorkus en Mali, maar ook in aangrensende lande soos Gambië, Guinee-Bissau, Liberië, Mauritanië, Senegal en Sierra Leone. In Mali vorm hulle met sowat 50% die grootste etniese groep, in Gambië 42%, in Guinee 28%, in die Ivoorkus 21% en in Burkina Faso 15% van die bevolking.

duimnael|links|Mandinka-danser in Gambië duimnael|links|'n Mandinka-griot, Al-Haji Papa Susso, speel liedjies uit die mondelingse tradisie van die Mandinka in Gambië op die kora Die Mandinka is veral bekend vir die Middeleeuse Maliryk (1235–1670), die grootste Afrika-ryk wat ooit in Wes-Afrika bestaan het. Dié ryk het die trans-Sahara-handel van die Magreb na Wes-Afrika met sy sentrum in Timboektoe langs die Nigerrivier beheer. Langs die Mali-ryk se handelsroetes het die Islam van Noord- na Wes-Afrika versprei en 'n belangrike faktor in die alledaagse lewe van die mense geword.

Tydens die Transatlantiese slawehandel is baie Mandinka na die Amerikas gedeporteer, veral die Suidelike Verenigde State, Wes-Indië en Brasilië, waar hulle 'n belangrike faktor van die Kreoolse kultuur geword het. Hulle wit eienaars het weddenskappe op georganiseerde gevegte tussen hul slawe gedoen; uit hierdie sogenaamde "gladiatorgevegte" het vegdanse soos die bekende Capoeira ontstaan. In die Verenigde State het hulle met nasate van ander Afrikavolke gemeng en uiteindelik die Afro-Amerikaners gevorm.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Etniese groepe in Burkina Faso Kategorie:Etniese groepe in Gambië Kategorie:Etniese groepe in Guinee Kategorie:Etniese groepe in Guinee-Bissau Kategorie:Etniese groepe in Ivoorkus Kategorie:Etniese groepe in Liberië Kategorie:Etniese groepe in Mali Kategorie:Etniese groepe in Mauritanië Kategorie:Etniese groepe in Senegal Kategorie:Etniese groepe in Sierra Leone Kategorie:Inheemse volke van Afrika