Sum 41 is 'n Juno-bekroonde Kanadese musiekgroep vanuit Ajax, Ontario. Die huidige lede is Deryck Whibley (voorsang, kitaar, klavier), Jason McCaslin (baskitaar, agtergrondsang), en Steve Jocz (tromme, agtergrondsang). Die lede het besluit om die groep "Sum 41" te noem omdat hulle dit 41 dae ná die begin van somer in 1996 gestig het. Sedert hulle 'n internasionale platekontrak met Island Records in 1999 onderteken het, het hulle reeds vyf studio-albums, twee regstreekse CDs, twee regstreekse DVDs en meer as tien enkelsnitte uitgereik. Hulle het al miljoene eksemplare wêreldwyd verkoop. Sedert 2006 het die groep al meer as 600 keer opgetree, en hulle is beroemd vir hul wêreldtoere wat gewoonlik langer as 'n jaar elk duur.

Geskiedenis Stigting en Half Hour of Power (1996 — 2000) Die lede van Sum 41 was aanvanklik tydens hul hoërskooljare in verskillende musiekgroepe. Hulle het by een van Hole se konserte ontmoet, 41 dae ná die begin van die somer van 1996. Volgens die webtuiste Supernova is die groep aanvanklik Kaspir genoem. Hulle het hul naam na Sum 41 verander om by 'n Supernova-konsert op 28 September 1996 op te tree. Stevo het aangevoer dat hulle as 'n NoFX cover-groep begin het. Die webtuiste meen ook dat die groep deur Greig Nori van Treble Charger ontdek is by 'n Supernova-konsert by die Operahuis in Toronto op 24 Februarie 1996. Die huidige baskitaarspeler, Cone McCaslin, het in 1999 by die groep aangesluit nadat die groep van verskeie ander baskitaarspelers ontslae geraak het. Hulle het baie jare saam musiek gemaak in die hoop dat hulle eendag 'n treffer sou hê.

Die groep het 'n videokamera saam met hulle gedra om hul mal optredes mee af te neem, insluitende een waar hulle 'n pizzeria met watergewere beroof en 'n dansie vir "Makes No Difference" voor 'n teater uitvoer. Beide gevalle kan op Introduction to Destruction en op sommige weergawes van die bonus-DVD Does This Look Infected? gesien word.

Diskografie Atljee-albums All Killer No Filler (2001) Does This Look Infected? (2002) Chuck (2004) Underclass Hero (2007) Screaming Bloody Murder (2011) 13 Voices (2016) Order in Decline (2019) Heaven :x: Hell (2024)

EP's Half Hour of Power (2000) Chuck: Acoustic (2005)

Enkelsnitte Jaar Titel Trefferlysposisies Album VSA Hot 100 VSA Hoofstroomrock VSA Moderne Rock VK Enkelsnittrefferlys Kanadese Enkelsnittrefferlys Japannese Enkelsnittrefferlys2000"Makes No Difference"--#32-#49-Half Hour of Power2001"Fat Lip"#66-#1 (1 week)#8--All Killer No Filler2001"In Too Deep"--#10#13#8-All Killer No Filler2002"Motivation"--#24#21--All Killer No Filler2002"Handle This" (Duitsland/Japan)------All Killer No Filler2002"What We're All About"---#32--Spider-Man-klankbaan2002"Still Waiting"--#7#7#1- Does This Look Infected?2003"The Hell Song"--#13#35--Does This Look Infected?2003"Over My Head (Better Off Dead)"---#27#12-Does This Look Infected?2003"Little Know It All" (Met Iggy Pop)--#35-#56-Skull Ring2004"We're All to Blame"#96#36#10-#25-Chuck2005"Pieces"--#14-#1-Chuck2005"Some Say" (Kanada/Japan)----#10-Chuck2005"No Reason" (VSA/Europa)--#16---Chuck2007"Underclass Hero"#124-#34#200a#13#4Underclass Hero2007Walking Disaster------Underclass Hero2008With Me------Underclass Hero2011Screaming Bloody Murder------Screaming Bloody Murder2011Baby, You Don't Wanna Know------Screaming Bloody Murder2016Fake My Own Death------13 Voices2016War------13 Voices2016God Save Us All (Death to Pop)------13 Voices2016Goddamn I’m Dead Again------13 Voices2019Out for Blood------Order in Decine2019A Death in the Family------Order in Decine2019Never There------Order in Decine201945 (A Matter of Time)------Order in Decine

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webtuiste Sum 41 se Myspace Sum 41 op Last.fm

Kategorie:Kanadese musiekgroepe