Curtis James Jackson III (gebore op 6 Julie 1975), verhoognaam 50 Cent, is 'n Amerikaanse kletskunstenaar, sanger, liedjieskrywer, akteur, televisievervaardiger, sakeman en belegger. Hy word ook herken onder die byname Fifty Cent en Fiddy Cent. Hy het bekendheid verwerf na die sukses van sy albums Get Rich or Die Tryin (2003) en The Massacre (2005). 50 Cent het multi-platinum status bereik met beide albums. Hy het al ongeveer 22 miljoen albums wêreldwyd verkoop.Thornburgh, Nathan (10 September 2007). 10 Questions for 50 Cent . Time. URL besoek op 13 September 2007.
50 Cent is gebore in Suid-Jamaika, Queens en het begin om met dwelms handel te dryf op twaalfjarige ouderdom gedurende die 1980's se kokaïenepidemie.Campion, Chris (12 Augustus 2005). Right on the money. The Observer. URL besoek op 22 Mei 2007. Nadat hy dwelmhandel verlaat het om 'n kletsmusiekloopbaan te volg is hy in 2000 nege keer geskiet.
Na die vrystelling van sy album Guess Who's Back? in 2002, is 50 Cent ontdek deur die kletskunstenaar Eminem en het hy 'n platekontrak by Interscope Records geteken. Met die hulp van Eminem en Dr. Dre—wie sy eerste kommersiële suksesse vervaardig het—het hy een van die wêreld se kletskunstenaars met die hoogste verkope geword. In 2003 het hy sy eie platemaatskappy, G-Unit Records, gestig wat verskeie suksesvolle kletskunstenaars soos Young Buck, Lloyd Banks en Tony Yayo gevestig het. 50 Cent het in bekgevegte betrokke geraak met ander kletskunstenaars, wat Ja Rule, The Game, Fat Joe en onlangs ook Rick Ross ingesluit het.
Hy streef ook 'n loopbaan as akteur na met verskynings in die semi-outobiografiese rolprent Get Rich or Die Tryin in 2005, 'n rolprent oor die Irakese oorlog genaamd Home of the Brave in 2006 en Righteous Kill in 2008.
Lewe en musiekloopbaan Vroeë lewe 50 Cent, gebore Curtis Jackson III, het in die Suid-Jamaikaanse buurt van Queens in New York Stad sonder 'n pa grootgeword. Sy ma Sabrina, wat op vyftien geboorte aan hom geskenk het, het hom grootgemaak. Sabrina, 'n kokaïenhanelaar, het hom tot op agtjarige ouderdom grootgemaak toe sy vermoor is in 1983. Op drie-en-twintigjarige ouderdom het sy bewusteloos geword nadat haar drankie vergiftig is. Sy is in daardie toestand in haar woonstel gelaat met gas oopgedraai en die vensters toegemaak.Touré (3 April 2003). The Life of a Hunted Man . Rolling Stone. URL besoek op 22 Mei 2007.Samuels, Allison (21 Februarie 2007). The Flip Side of 50 Cent . MSNBC. URL besoek op 22 Mei 2007. Na haar dood het 50 Cent by sy grootouers se huis met agt ooms en tannies ingetrek.Otto, Jeff (6 September 2005). Interview: 50 Cent . IGN. URL besoek op 22 Mei 2007.Reid, Shaheem (7 November 2005). 50 Cent: Return to Southside. MTV. URL besoek op 22 Mei 2007. Hy onthou "My ouma het gesê 'Jou ma kom nie huistoe nie. Sy gaan nie terugkom om jou op te laai nie. Jy gaan nou saam met ons bly.' Dis toe ek begin aanpas het om op straat te oorleef".Reid, Shaheem (12 Februarie 2003). 50 Cent: Money to Burn. MTV. URL besoek op 22 Mei 2007. 50 Cent het saam met sy neef Michael Francis (ook bekend as Two Five) grootgeword, wat die bynaam "25 Cent" gekry het omdat hy sy jonger ewebeeld was. Francis is vandag 'n kletskunstenaar onder die naam "Two Five".Associated Press (December 23, 2005). Two Five says success has changed 50 Cent . MSNBC. URL besoek op 22 Mei 2007.
50 Cent het begin boks op die ouderdom van elf. Op veertien het 'n buurman 'n boksgimnasium geopen vir kinders van die omgewing. "As ek nie tyd gemors het in die skool nie het ek geskerm in die gimnasium of kokaïen op straat verkoop", onthou hy.Weiner, Jonah (Augustus 2007). 33 Things You Should Know About 50 Cent. Blender. URL besoek op 30 September 2007. In die middel 1980's het hy in die Junior Olimpiese Spele deelgeneem aan amateur boks. Hy herinner, "Ek was kompeterend in die kryt en hip-hop is ook kompeterend... Ek dink kletskunstenaars berei hulself voor soos boksers sodat elkeen voel hy is die kampioen".Reid, Shaheem (25 Februarie 2005). All Eyes on 50 Cent: The Sequel. MTV. URL besoek op 22 Mei 2007.
Op twaalfjarige ouderdom het 50 Cent begin handel dryf met verdowingsmiddels terwyl sy grootouers gedink het hy is besig met buitemuurse aktiwiteite by die skool.The Phenomenon '50 Cent' Revealed. Female First (1 Februarie 2006). URL besoek op 21 Mei 2008. Hy het ook gewere en dwelmgeld skooltoe gevat. In graad tien is hy deur 'n metaalverklikker uitgevang by die Andrew Jackson Hoërskool. Hy het later gesê "Ek was verbouereerd om so gearresteer te word... Nadat ek gearresteer is het ek opgehou om dit weg te steek. Ek het [openlik] vir my ouma gesê 'Ek verkoop dwelms'".
Op 29 Junie 1994 is 50 Cent gearresteer omdat hy gehelp het om vier buisies kokaïen aan 'n geheime polisie-offisier te verkoop. Drie weke later is hy weer gearresteer toe die polisie sy huis deursoek het en heroïne, tien onse kokaïne en 'n geweer gekry het. Sy vonnis was drie tot nege jaar gevangenisstraf, maar hy het dit reggekry om ses maande in 'n boot camp- 'n skok gevangesetting in Amerika waar strawwe militêre opleiding op gevangenis uitgeoefen word- uit te dien. Hy het sy Algemene Opvoedingsontwikkeling (General Education Development) in die boot camp geslaag.
Later het hy het gesê dat hy nie self kokaïne gebruik het nie maar dat hy dit net verkoop het.The Smoking Gun: 50 Cent. The Smoking Gun (27 Februarie 2003). URL besoek op 22 Mrei 2007.Dave (2 November 2003). 50 Cent Interview on Howard Stern Show . Rap News Network. URL besoek op 22 Mei 2007. Hy het die bynaam "50 Cent" aangeneem as 'n metafoor vir "change" (wat sinspeel op kleingeld asook verandering).Interview w/ 50 Cent. AOL Music (1 Augustus 2003). URL besoek op 22 Mei 2007. Die naam is afgelei van Kelvin Martin, 'n 1980's Brooklynrower wat bekend gestaan het as "50 Cent". 50 Cent het die naam gekies "want dit sê alles wat ek wil sê. Ek is dieselfde tipe persoon wat 50 Cent was. Ek sorg vir myself op enige moontlike manier".Boots, Tone (3 Augustus 2005). Get Rich or Die Trying . Stuff. URL besoek op 22 Mei 2007.
1996–2000: Vroeë loopbaan 50 Cent het begin met kletsmusiek in 'n vriend se kelder waar hy 'n plaatspeler gebruik het om oor instrumentele musiek op te neem."La Méthode Cauet" (2006). TF1. In 1996 het 'n vriend hom aan Jam Master Jay van Run-DMC voorgestel wat aan die bestuur van Jam Master Jay Records gestaan het. Jay het hom geleer hoe om mate uit te tel, refreine te skryf, liedjies te struktureer en hoe om 'n opname te maak.Youngs, Ian (23 Desember 2002). 50 Cent: The $1m rapper. BBC Nuus. URL besoek op 16 Augustus 2007.Tarek, Shams (16 Mei 2003). Jamaica’s ‘Own Bad Guy' 50 Cent Making Good in the Music Biz . Queens Press. URL besoek op 22 Mei 2007. 50 Cent se eerste amptelike optrede was met 'n lied genaamd React met die groep Onyx op hulle 1998-album Shut 'Em Down. Hy het erkenning aan Jam Master Jay gegee as 'n invloed wat hom gehelphet om sy skryfvermoë van vassteekwysies te verbeter. Jay produced 50 Cent's first album, however it was never released. In 1999, nadat hy Jam Master Jay verlaat het, het die vervaardigers van verskeie platinum-albums, Trackmasters, kennis geneem van 50 Cent en hy het 'n kontrak met Columbia Records geteken. Hulle het hom na 'n ateljee in die noorde van die staat New York waar hy ses-en-dertig liedjies in twee weke opgelewer het. Agtien daarvan is in sy eerste nie-amptelike album, Power of the Dollar in 2000, opgeneem.Biography. 50cent.com. URL besoek op 22 Mei 2007. Hy het ook die uitgediende Hollow Point Entertainment met sy voormalige G-Unit vennoot, Bang 'Em Smurf.Chery, Carl (18 Mei 2004). 50 Cent's a Fake, Says Ex-G-Unit Member, Bang Em Smurf . SOHH. URL besoek op 5 Junie 2007.Williams, Houston (Februarie 2004). Bang'em Smurf: Life after G-Unit. AllHipHop. URL besoek op 20 Julie 2007.
50 Cent se gewildheid het begin toeneem na die suksesvolle dog kontroversiële klandestiene treffer, "How to Rob", wat hy in 'n halfuur geskryf het in 'n motor oppad na die ateljee.50 Cent. From Pieces to Weight Part 5. MTV. URL besoek op 22 Mei 2007. Die snit verduidelik op komiese wyse hoe hy bekende kunstenaars sou besteel. Hy het die gedagtegang agter die inhoud van die liedjie verduidelik soos volg verduidelik: "Daar is 'n honderd kunstenaars by die platemaatskappy, jy moet jouself onderskei van daardie groep en jouself relevant maak". Kletskunstenaars soos Jay-Z, Kurupt, Sticky Fingaz, Big Pun, DMX, Wyclef Jean en die Wu-Tang Clan het gereageer op die liedjie en Nas, wat die liedjie positief ontvang het, het 50 Cent uitgenooi om op 'n promosionele toer vir sy Nastradamus-album saam met hom te gaan. Die liedjie was bedoel om saam met "Thug Love" met Destiny's Child vrygestel te word maar twee dae voor daar begin sou word om "Thug Love" se musiekvideo te verfilm is 50 Cent geskiet en opgeneem in die hospitaal as gevolg van die wonde.Ninja (Desember 2002). 50 Cent Interview. Dubcnn. URL besoek op 22 Mei 2007.
2000–2001: Skietvoorval On 24 Mei 2000, is 50 Cent deur 'n skieter (die vermeende skieter was Darryl "Hommo" Baum) buite sy ouma se huis in Suid-Jamaika, Queens. Hy het in 'n vriend se kar geklim maar is gevra om juwele te gaan haal. Sy seun was in die huis en sy ouma in die voortuin. Toe hy terugkom by die kar het 'n ander motor nader getrek. 'n Aanvaller het 50 Cent van die linkerkant genader met 'n 9 mm pistool en het nege skote op kort afstand afgevuur. 50 Cent is nege keer gewond: in die hand ('n rondte het sy regterduim getref en by sy pinkie uitgekom), arm, heup, albei bene, borskas en linker wang.Tyrangirl, Josh (17 Februarie 2003). Rap's Newest Target . Time. URL besoek op 22 Mei 2007. Die wond aan sy gesig het 'n geswelde tong, die verlies van 'n verstandtand en slordige uitspraak tot gevolg gehad.Get Rich or Die Tryin': The Movie (2003) (bonus documentary DVD). Interscope Records. Sy vriend het ook 'n wond aan die hand opgedoen. Hulle is na die hospitaal geneem waar 50 Cent dertien dae deurgebring het. Die vermeende skieter, Darryl Baum, is drie weke later oorlede.Chery, Carl (24 Oktober 2005). 50 Cent Shot by "Hommo" Reveals Tell-All Book . SOHH. URL besoek op 22 Mei 2007. Darryl Baum was ook 'n goeie vriend en lyfwag van Mike Tyson.
50 Cent herinner die voorval só: "Dit gebeur so vinnig dat jy nie eens kans kry om terug te skiet nie... Ek was die heeltyd bang... Ek het in die tru-spieël gekyk en het gedink, 'O *$%, iemand het my in die gesig geskiet! Dit brand, brand, brand." In sy gedenkskrif, From Pieces to Weight: Once upon a Time in Southside Queens, skryf hy, "Nadat ek nege keer op kort afstand geskiet is en oorleef het, het ek begin dink dat ek 'n doel in die lewe het... Hoeveel meer skade kon daardie nie doen nie? Net 'n duim na links of regs en ek is weg". Vir die eerste ses weke na die voorval het hy 'n loopraam gebruik en na vyf maande het hy volkome herstel. Toe hy die hospitaal verlaat het, het hy in die Pocono-gebergte gewoon met sy meisie van daardie tyd en sy seun. Sy oefenregiem het hom gehelp om sy gespierde liggaamsbou te vorm.Jenkins, Sacha (9 Julie 2007). I Was There . XXL. URL besoek op 31 Julie 2007.