Moklobemied is 'n omkeerbare inhibeerder van monoamienoksidase (MAO) en inhibeer selektief die A-vorm van die ensiem. Op hierdie wyse lei dit dan tot toename in die konsentrasie van serotonien, noradrenalien, adrenalien en dopamien, sonder om tiramien noemenswaardig te beïnvloed. Anders as standaard MAOI's, het dit minder newe-effekte - veral t.o.v. kardiovaskulêre stelsel (hipertensie), enkefalopatie, lewertoksisiteit of hipertermie.

duimnael|300px|Moklobemied se struktuurformule

Aanduidings: Kliniese depressiewe versteuring; Sosiale fobie

Dosering: 150–600 mg daagliks, verkieslik in verdeelde dosisse.

Moklobemied moet gewoonlik nie saam met ander antidepressante geneem word nie, weens spesifieke middel-interaksies. 'n Uitwasperiode van minstens vier tot vyf halfleeftye is aangedui. By fluoksetien is die periode tot vyf weke voordat met moklobemied begin kan word.

Bronnelys South African Medicines Formulary. 6de uitgawe. SAMA: Health and Medical Publishing Group. 2003.

Kategorie:Geneesmiddels