duimnael|links|210px|Die NG Kerkkamers huisves onder meer die NG gemeente Rouxville se kerkkantoor. duimnael|links|210px|Die kerkgebou van die NG gemeente Rouxville. duimnael|links|210px|'n Ou gebou in die middedorp van Rouxville. duimnael|links|210px|In 2012 was selfs die gebou wat Rouxville se Pep Stores huisves in 'n afgeskeepte toestand. duimnael|links|210px|'n Ou huis op Rouxville, soos die grootste deel van die dorp in 2012 ook bra vervalle.
Rouxville is 'n dorpie in die suidooste van die Vrystaat-provinsie in Suid-Afrika en wes van Lesotho.
Geskiedenis Rouxville is in 1863 gestig as 'n kerklike middelpunt op die plaas Zuurbult, die eiendom van Petrus Wepenaar. Die dorp het munisipale status in 1893 gekry. Die dorp is vernoem na ds. Pieter Roux van Smithfield wat vir tien jaar die dorp besoek het.
Johanna van der Merwe is hier begrawe.
Distrik Die dorp se ekonomie draai hoofsaaklik rondom Merinoskaap- en beesboerderye. Die N6 nasionale pad gaan deur Rouxville.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika NG gemeente Rouxville
Bronne Rosenthal, Eric, Encyclopaedia of Southern Africa, Juta and Company Limited, Kaapstad en Johannesburg, 1978.
Eksterne skakels Inligting en prente van Rouxville
Kategorie:Nedersettings in die Vrystaat