Die kapokboom (Ceiba pentandra) is 'n boom wat voorkom in die tropiese reënwoude. Die boom word tot 75 meter hoog en staan uit bo ander bome. Die kapokboom is inheems in Meksiko, Sentraal-Amerika, die Karibiese gebied, Suid-Amerika en as C. pentandra asook C. guineensis in tropiese Wes-Afrika.
Volgens die Maya-mitologie is die Kapokboom die wêreldboom, soos die Yggdrasil in die Germaanse godsdiens. Christian Rätsch: Einführung in die Kosmologie der Maya, in: Ders. Chactun – Die Götter der Maya. Quellentexte, Darstellung und Wörterbuch, Diederichs Gelbe Reiche, Eugen Diederichs Verlag München 1986, bl. 15. Ceiba pentandra is die nasionale embleem van Guatemala, Puerto Rico, en Ekwatoriaal-Guinee. Dit verskyn op laasgenoemde se vlag en wapen.
Die vrugte bevat kapok, wat 'n bietjie soos katoen lyk, maar minder sellulose bevat.
Sinonieme Die spesie het 33 sinonieme:https://powo.science.kew.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:1166232-2
Bombax cumanense Kunth Bombax guineense Schumach. Bombax inerme L. Bombax mompoxense Kunth Bombax orientale Spreng. Bombax occidentale Spreng. Bombax pentandrum L. Bombax plumosum Noronha Ceiba anfractuosa M.Gómez Ceiba caribaea (DC.) A.Chev. Ceiba casearia Medik. Ceiba guineensis (Schumach.) A.Chev. Ceiba guineensis var. ampla A.Chev. Ceiba guineensis var. clausa A.Chev. Ceiba occidentalis Burkill Ceiba pentandra f. albolana Ulbr. Ceiba pentandra var. caribaea (DC.) Bakh. Ceiba pentandra f. grisea Ulbr. Ceiba pentandra var. indica Bakh. Ceiba thonningii A.Chev. Eriodendron anfractuosum DC. Eriodendron anfractuosum var. africanum DC. Eriodendron anfractuosum var. caribaeum DC. Eriodendron anfractuosum var. guianense Sagot Eriodendron anfractuosum var. indicum DC. Eriodendron caribaeum (DC.) G.Don Eriodendron guineense (Schumach.) G.Don Eriodendron occidentale G.Don Eriodendron orientale Kostel. Eriodendron pentandrum (L.) Kurz Gossampinus alba Buch.-Ham. Gossampinus rumphii Schott & Endl. Xylon pentandrum (L.) Kuntze
Fotogalery
Sien ook Lys van uitheemse bome wat in Suid-Afrika voorkom
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Uitheemse bome in Suid-Afrika Kategorie:Flora van Meksiko