Die Kijifse Petsjersk-lawra (Oekraïens: Києво-Печерська лавра, Russies: Киeво-Печерская лавра), ook bekend as die Kijifse Klooster van die Grotte, is ’n historiese Oosters-Ortodokse klooster in Kijif. Sedert sy stigting as ’n grotklooster in 1051Magocsi P.R. A History of Ukraine. University of Toronto Press: Toronto, 1996. p 98. is die lawra ’n belangrikse Ortodokse sentrum in Oos-Europa. Dit is saam met die Sint Sofia-katedraal ’n Unesco-wêrelderfenisgebied.Kyiv Pechersk Lavra, St. Sophia Cathedral remain on UNESCO’s World Heritage List, Interfax-Ukraine (20 Junie 2013) Terwyl dit ’n kultuurattraksie is, is die klooster weer aktief met meer as 100 monnike wat daar woon.
Naam duimnael|links|225px|Die herboude Mariahemelvaartkerk, 2005.
Die woord petsjera beteken "grot", en "lawra" is ’n manlike klooster van ’n hoë rang in die Oosters-Ortodokse Kerk. Die klooster se naam word dus ook vertaal as die Kijifse Grotklooster of Klooster van die Grotte.
Geboue Die Kijifse Petsjersk-lawra bevat verskeie argitektoniese monumente, van kloktorings tot grotstelsels en versterkingsmure. Die hooftrekpleisters sluit in die Groot Lawrakloktoring en die Mariahemelvaartkatedraal, wat in die Tweede Wêreldoorlog verwoes en heeltemal herbou is. Ander kerke is die Kerk van die Alheiliges, die Kerk van die Redder by Berestowe, die Kerk van die Verheerliking van die Kruis, die Kerk van die Drie-eenheid, die Kerk van die Maagd se Geboorteskenking, ensovoorts.
Daar is ook talle ander konstruksies, soos die Sint Nikolaas-klooster, die Kijifse Teologiese Akademie en Kweekskool, en meer as 100 grafte van onder meer grootprinse en heiliges.
Galery
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Kiëf-Roes Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in Oekraïne