Die 2018-Rugbykampioenskapsreeks was die sewende jaarlikse rugbytoernooi tussen die nasionale spanne van Argentinië, Australië, Suid-Afrika en Nieu-Seeland. Die kompetisie word bedryf deur SANZAAR, ’n gesamentlike onderneming van die vier lande se nasionale rugbyunies. Die spanne is onderskeidelik die Pumas, Springbokke, Wallabies en die All Blacks.

Die toernooi het op 18 Augustus afgeskop met Australië teen Nieu-Seeland en Suid-Afrika as gasheer vir Argentinië, en agt weke later afgesluit (ses rondes en twee loslootjies) op 6 Oktober toe Nieu-Seeland Suid-Afrika besoek het en Australië in Argentinië gespeel het. Nieu-Seeland het die toernooi vir die 16de keer gewen. Buitendien het hulle die Bledisloebeker ingepalm en die Vryheidsbeker gewen, terwyl Australië met die Mandela Uitdaagplaat en die Poematrofee weggestap het.

Formaat Die formaat vir die 2018-toernooi was soortgelyk aan dié van die vorige jare. Elke span het drie keer tuis gespeel, en drie keer weg, met ’n totaal van ses wedstryde elk, en twaalf in totaal. Met ’n wen het ’n span vier punte verdien, gelykop twee ligapunte, en ’n verloor met agt of meer punte nul ligapunte. ’n Bonuspunt kon verdien word op een van twee maniere: deur ten minste drie drieë meer as die teenstander in ’n wedstryd te druk, of deur met sewe punte of minder te verloor. Die kompetisie se wenner was die span met die meeste ligapunte aan die einde van die toernooi.

Telkaart Nasie Wedstryde Punte Tellings laas opgedateer op 7 Oktober 2018 Bonuspunte Ligapunte Speel Wen Gelyk Verloor Vir Teen Verskil1 6 5 0 1 225 132 +93 5 252 6 3 0 3 160 154 +6 3 153 6 2 0 4 124 176 –52 1 94 6 2 0 4 151 198 –47 0 8

Wedstryddatums DatumDatumWeek 118 AugustusWeek 415 SeptemberWeek 225 AugustusWeek 529 SeptemberWeek 38 SeptemberWeek 66 Oktober

Week 1

Week 2

Week 3

Week 4

Week 5

Week 6

Rugbykampioenskapreekskampioen 2018

Statistiek Meeste punte en drieë Meeste punte aangeteken: Naam Punte 1 Nicolás Sánchez 67 2 Beauden Barrett 61 3 Handré Pollard 47 4 Aphiwe Dyantyi 25 Rieko Ioane Meeste drieë gedruk: Naam Drieë 1 Beauden Barrett 5 Aphiwe Dyantyi Rieko Ioane 4 Nicolás Sánchez 4 5 Emiliano Boffelli 3 Bautista Delguy Will Genia Dane Haylett-Petty Makazole Mapimpi Waisake Naholo Aaron Smith

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels 2018-Rugbykampioenskapreeks op ESPNscrum

Kategorie:Die Rugbykampioenskap Kategorie:Sport in 2018