Die Kerk van die Tiendes (Oekraïens: Десятинна церква, Desjatinna tserkwa; Russies: Десятинная церковь, Desjatinnaja tserkof), ook bekend as die Kerk van die Hemelvaart van die Maagd, was die eerste steenkerk in Kiëf.Mariya Lesiv, The Return of Ancestral Gods: Modern Ukrainian Paganism as an Alternative Vision for a Nation, (McGill-Queen's University Press, 2013), 105. Dit is oorspronklik tussen 989 en 996 in opdrag van grootprins Wladimir die Grote gebou deur Bisantynse en plaaslike werkers. Dit is aanvanklik die "Kerk van Ons Dame" genoem ter ere van die hemelvaart van Maria. Die kerk is in 1240 verwoes tydens die stad se beleg deur die invallende Mongoolse magte van Batoe Khan.

Wladimir het ’n tiende van sy inkomste en eiendomme eenkant gesit vir die bou en onderhoud van die kerk, vandaar die naam.

Op inisiatief van die metropolitaan (biskop) van Kiëf is die kerk in die middel van die 19de eeu herbou, maar dit is in 1928 weer verwoes, dié keer deur die Sowjetregering.

Middeleeuse kerk In opdrag van Wladimir is sy ouma Olga, die eerste Christelike heerser van Kiëf-Roes, in die kerk herbegrawe.The Notion of "Uncorrupted Relics" in Early Russian Culture, Gail Lenhoff, "Christianity and the Eastern Slavs: Slavic cultures in the Middle Ages", Vol. I, red. B. Gasparov, Olga Raevsky-Hughes, (University of California Press, 1993), 264. Wladimir en sy vrou, Anna, dogter van die Bisantynse keiser Basilius II, is ook hier begrawe.

Die kerk is in 1017 erg in ’n brand beskadig en is deur Jaroslaf die Wyse laat herbou.The Earliest Mediaeval Churches of Kiev, Samuel H. Cross, H. V. Morgilevski en K. J. Conant, "Speculum", Vol. 11, No. 4 (Oktober 1936), 482. In 1044 het Jaroslaf die kerk ’n mausoleum vir Kiëfse prinse gemaak toe hy die oorskot van Jaropolk I en Oleg van die Drewliana laat doop en hier herbegrawe het.

In 1171 en 1203 is die kerk geplunder en in 1240 het die inwoners van Kiëf dit as ’n laaste skuiling gebruik tydens die Mongoolse inval toe dit finaal ineenstort weens ’n brand.

Vervanging In die vroeë 19de eeu het metropolitaan Ewgeni Bolchowitinof die terrein laat opgrawe. Onder sy administrasie is ’n nuwe Kerk van die Tiendes tussen 1828 en 1842 gebou.Michael F. Hamm, Kiev: A Portrait, 1800-1917, (Princeton University Press, 1993), 234.

Die Russiese ontwerp daarvan het min gemeen gehad met die oorspronklike kerk. Dié kerk is in 1935 deur die Sowjetregering verwoes.

Verwysings

Eksterne skakels Kerk van die Tiendes

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Kiëf-Roes Kategorie:Geskiedenis van Oekraïne