Santiago de Chile 280px Kaart Wapen 180px 75px|senter Vlag 90px|senter Land  Provinsie 20px Santiago Koördinate  Gestig op 12 Februarie 1541 Oppervlakte:    - Totaal 641 vk km Hoogte bo seevlak 570 m Bevolking:    - Totaal (2017) 6 269 384  - Bevolkingsdigtheid 9 821/vk km  - Metropolitaanse Gebied 6 903 479 Tydsone UTC -4 (CLT) Somertyd UTC -3 (CLST) Burgemeester Mario Desbordes Amptelike webwerf gobiernosantiago.cl

Santiago de Chile (Spaans: [san̪ˈtja.ɣo ðe ˈtʃi.le]) is die hoofstad, ekonomiese sentrum en grootste metropolitaanse gebied van Chili, wat met sowat ses miljoen inwoners veertig persent van die land se bevolking huisves. Die stad lê in die sentrale vallei van Chili en maak in administratiewe opsig deel uit van die Metropolitaanse Gewes van Santiago. Alhoewel Santiago as regeringsetel fungeer, is Valparaíso die wetgewende hoofstad van die land.

duimnael|links|Pedro de Valdivia stig Santiago de Chile, 'n skildery deur Pedro Lira in 1889 Santiago de Chile is op 12 Februarie 1541 deur Pedro de Valdivia gestig en na die apostel sint Jakobus genoem. Ná drie dekades van ononderbroke ekonomiese groei het Santiago tot een van die modernste metropole in Latyns-Amerika ontwikkel, wat met uitgestrekte voorstede, tientalle winkelsentrums en 'n indrukwekkende sentrale besigheidsdistrik met baie wolkekrabbers spog. Die stad beskik oor 'n hoogs moderne infrastruktuur, wat onder meer 'n moltreinstelsel insluit, en is die hoofkwartier van 'n groot aantal nasionale en internasionale maatskappye. Dit was een van die gasheerstede tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1962.

Galery

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:Nedersettings in Chili